LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Dis opera

Dis opera
Sondag - 21:10-23:55

'n Groot verskeidenheid opera- en liedermusiek vir die fynproewer.

 

AANBIEDERS

VORIGE PROGRAMME

  • 21:10-23:55

    Sondag 22 April 2012

    Luister na grepe uit Manon van Massenet, ‘n Angela Gheorghiu-konsert wat by La Scala opgeneem is, en hoogtepunte uit ‘n opvoering van Turandot van Puccini wat in 1965 in Kaapstad opgevoer is.

  • 21:10-23:55

    Sondag 1 April 2012

    Luister na ‘n opname van Fanco Corelli se sensasionele debuut by Covent Garden in 1957 in Tosca van Puccini, 'n ‘n aria uit Norma van Bellini, waarin Johan Botha onlangs in Duitsland gehoor is, en musiek uit ‘n opera wat Mascagni oor die lewe van die Romeinse keiser, Nero, gekomponeer het.

  • 21:10-23:55

    Sondag 25 Maart 2012

    Luister na van die mooiste liefdesduette in die operawêreld uit Don Pasquale, Lucia di Lammermoor, Arabella, La Boheme en talle ander. Hulle sal deur geliefde sangers soos Alfredo Kraus, Maria Callas, Reneé Fleming, Jussi Bjoerling en Luciano Pavarotti gesing word.

  • 21:10-23:55

    Sondag 26 Februarie 2012

    Operaliefhebbers wêreldwyd is verlede naweek geskok deur die aankondiging van die dood van die Suid-Afrikaanse sopraan, Elizabeth Connell. Wouter de Wet bring hulde aan hierdie sopraan wat in al die belangrikste operateaters gesing het soos Covent Garden, die Metropolitan, La Scala, die Weense Staatsopera en veral die operahuis van Sydney waar sy in meer as 20 rolle gehoor is.

  • 21:10-23:55

    Sondag 19 Februarie 2012

    Wouter de Wet speel verruklike arias uit Die Towerfluit, Der Rosenkavalier, Die Italiaanse Meisie in Algerië en Die Mooi Meisie van Perth.