LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Radioteater

Radioteater
Donderdag - 20:00-21:00

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

RSS-voer

VOLGENDE PROGRAM

  • 20:00-21:00

    Donderdag 17 Mei 2012

    DIE VER VIOLE deur Engela van Rooyen-Linde
    Regie: Helena Hugo

    ’n Weerlose weduwee word bedreig deur ’n gewetenlose uitbuiter. Sy en al haar besittings is uitgelewer aan hom tot daar ’n held in die gestalte van ’n handige tronkvoël aan haar voordeur kom klop.

    Met Natania van Heerden, Martin Jansen en Robbie Wessels.

  • 20:00-21:00

    Donderdag 7 Junie 2012

    HEDDA GABLER deur Henrik Ibsen
    Regie: Evert Snyman

    Die drama gaan oor die voormalige aristokratiese Hedda se onvermoë om aan te pas by die kleinburgerlike lewe waarin sy beland wanneer sy met George Tessman, in ‘n groot mate haar mindere, trou.

VORIGE PROGRAMME

  • 20:00-21:00

    Donderdag 10 Mei 2012

    DIE HEKS deur C. Louis Leipoldt
    Regie: Bettie Kemp

    Die Heks was oorspronklik ‘n verhoogdrama in een bedryf, met drie tonele, wat verskeie kere reeds opgevoer is as radiodrama in 1955, 1965, 1971 en 1978.

    C. Louis Leipoldt het dit blykbaar in 1920 in Engels geskryf. Dis later vertaal met die titel Die hamer van die hekse. In 1923 is dit gepubliseer met die titel Die Heks.

    Leipoldt laat sy drama afspeel in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.

    Dis ‘n drama wat byna‘n eeu later gehore steeds aangryp. Dalk weens die sterk sentrale tema van boetedoening?

    In hierdie opvoering gee Suid-Afrika se top akteurs gestalte aanLeipoldt se karakters: Rika Sennett as die Heks, Francois Stemmet as die Kardinaal, Marcel van Heerden as Eugenio, die Kardinaal se dokter en Richard van der Westhuizen as Placido, sekretaris van die Kardinaal. Ander spelers is Lochner de Kock en Christelle Webb-Joubert in die rol van die heks se dogter, Janetta.

    Die tegniese asisstente is Karen Gravett en Evert Snyman Junior.
     
    DIE HEKS deur C. Louis Leipoldt

    Die drama speel af in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.
    Laai die mp3 af (19 754KB)

  • 20:00-21:00

    Donderdag 3 Mei 2012

    BLOMME VIR DIE WINTER deur N.P. van Wyk Louw
    Regie: Eben Cruywagen

    Dit is vroegsomer in die jaar 1950. ’n Man, wie se vrou gesterf het nadat sy 15 jaar lank siek was, gaan klop by die Franse Kommissaris van Polisie aan in ’n desperate poging om ’n jong vrou wat hy een aand, byna twee jaar tevore in ’n straatkafee ontmoet het, op te spoor. Algaande ontvou die verhaal van twee eensame mense wat oomblikke van hulle lewens geluk en liefde ervaar het.

    Die spelers is Nic de Jager, Pieter Cillié, Deirdre Wolhuter, Juanita Swanepoel en Lancea Crafford.

    BLOMME VIR DIE WINTER deur N.P. van Wyk Louw

    Dit is vroegsomer in die jaar 1950. ’n Man, wie se vrou gesterf het nadat sy 15 jaar lank siek was, gaan klop by die Franse Kommissaris van Polisie aan in ’n desperate poging om ’n jong vrou wat hy een aand, byna twee jaar tevore in ’n straatkafee ontmoet het, op te spoor. Algaande ontvou die verhaal van twee eensame mense wat oomblikke van hulle lewens geluk en liefde ervaar het.
    Laai die mp3 af (30 836KB)

  • 20:00-21:00

    Donderdag 26 April 2012

    KOMPOS, KLANKE EN KOSULTANTE deur Olaf van Reenen
    Regie: Johan Rademan

    '‘n Klug met goedgeskryfde dialoog wat ‘n mens laat hunker na die dae van Pendoring en Kie. Weldeurdag en enduit ondersteun.” So lui een van die beoordeelaars se verslag oor die komedie van misverstande.

    Twee konferensies word by dieselfde hotel gehou. Die een groep is Kragtige Klankwerke in die Blue Waters-lokaal, terwyl Kraft en Motlante Suiweringswerke in die Blue Clouds-lokaal bedrywig is. Wanneer die twee konsultante, Hugo Roux en Xavier Hugo, in die Misty Mountains Hotel in verkeerde lokale beland, spat die vonke, aangedryf deur ‘n heerlike sjampanje ontbyt by Kragtige Klankwerke se lokaal.

    Die spelers is Ivan Abrahams, Pieter van Zyl, Nic de Jager, Eben Genis, Roelien Daneel, Martelize Kolver, Johann Nel en Leon Kruger.

    KOMPOS, KLANKE EN KOSULTANTE deur Olaf van Reenen

    Twee konferensies word by dieselfde hotel gehou. Die een groep is Kragtige Klankwerke in die Blue Waters-lokaal, terwyl Kraft en Motlante Suiweringswerke in die Blue Clouds-lokaal bedrywig is. Wanneer die twee konsultante, Hugo Roux en Xavier Hugo, in die Misty Mountains Hotel in verkeerde lokale beland, spat die vonke, aangedryf deur ‘n heerlike sjampanje ontbyt by Kragtige Klankwerke se lokaal.
    Laai die mp3 af (33 248KB)

  • 20:00-21:00

    Donderdag 19 April 2012

    EEN SOMERSDAG deur Bettie Kemp
    Regie: Bettie Kemp

    ‘n Naaswenner in die jaarlikse RSG/Sanlam Radiodrama-kompetisie van 2011.

    Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Britse TV-persoonlikheid, Jill Dando, wat die hoogste prys vir roem op die klein kassie betaal het. Die gegewe is eie aan Suid-Afrika en bekend aan plaaslike gehore. Die gebeure en reaksies van mense blyk universeel te wees.

    EEN SOMERSDAG is ‘n nostalgiese besoek aan ‘n tyd lank gelede, al voel dit soos nou die dag.

    EEN SOMERSDAG deur Bettie Kemp

    Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Britse TV-persoonlikheid, Jill Dando, wat die hoogste prys vir roem op die klein kassie betaal het. Die gegewe is eie aan Suid-Afrika en bekend aan plaaslike gehore. Die gebeure en reaksies van mense blyk universeel te wees.
    Laai die mp3 af (30 502KB)

  • 20:00-21:00

    Donderdag 12 April 2012

    DIE AANVAL deur Joe Kleinhans
    Regie: Helena Hugo

    Die nag van 26 November 2008 val tien gewapende mans Moembaai van die see af in. Hulle verdeel in vyf groepe van twee elk en slaan toe op spesifieke teikens. Die aanvalle duur tot 29 November en eindig met 160 mense gedood en 300 gewond. Vier Suid-Afrikaners, dr. Dan Fourie, sy vriendin Bianca Basson, en sy vriend en vennoot, dr. Hans Greyling en sy vrou Frieda is gaste in die Taj Mahal-hotel wat een van die teikens is.

    André Stolz, Dawid Minnaar, Gretha Brazelle, Julie Strydom en Hermien de Vos.

    DIE AANVAL deur Joe Kleinhans

    Die nag van 26 November 2008 val tien gewapende mans Moembaai van die see af in. Hulle verdeel in vyf groepe van twee elk en slaan toe op spesifieke teikens. Die aanvalle duur tot 29 November en eindig met 160 mense gedood en 300 gewond. Vier Suid-Afrikaners, dr. Dan Fourie, sy vriendin Bianca Basson, en sy vriend en vennoot, dr. Hans Greyling en sy vrou Frieda is gaste in die Taj Mahal-hotel wat een van die teikens is.
    Laai die mp3 af (32 558KB)