NOU OP DIE LUG
PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.
MEER INLIGTINGLeon Se Flieks
JONGSTE UITREIKINGS
MY WEEK WITH MARILYN
Vrydag 17 Februarie 2012Ons ken Marilyn Monroe almal as die sexy, sensuele en, op die oog af, oppervlakkige rolprentster wat Hollywood se glans en glorie met haar tuitlippies gesimboliseer het. Maar wie was Marilyn Monroe werklik? Michelle Williams, wat moontlik met die Oscar kan wegstap as beste aktrise in die rol, kruip onder Monroe se vel in. Sy ontbloot die skrynende pyn wat die vrou weggesteek het. Ook haar onsekerheid ...
-
PGMATERIAL
Vrydag 17 Februarie 2012MATERIAL is ʼn plaaslike rolprent om op trots te wees. Dit gaan oor ʼn jong Moslem-komediant, pragtig gespeel deur Riaan Moosa, wat in sy pa (Vincent Ebrahim) se materiaalwinkel in Fordsburg werk. Maar as hy verlief raak op, wat sy pa betref, die verkeerde meisie, en hy boonop sy komedievlerke ...
Gradering uit 10:MEER -
LVCHRONICLE
Vrydag 17 Februarie 2012Ek is altyd versigtig vir jeugrolprente, want, nes sommige Afrikaanse komedies, neig dit om tieners te verkommin en te vervlak. Maar CHRONICLE doen dit nie. Dit leer tieners ʼn belangrike lewensles op ʼn koel, byderwetse manier, sonder om neerbuigend of prekerig te wees. Dit waarsku dat as ...
Gradering uit 10:MEER -
LPGSEMI-SOET
Vrydag 17 Februarie 2012Dis altyd ʼn groot vreugde om te sê dat ʼn nuwe Afrikaanse rolprent begin draai, veral een waarvoor ʼn mens nie hoef skaam te wees nie en waarna die hele gesin kan gaan kyk. Daar is ook geen vulgêre grappe of onder die belt situasies nie, wat SEMI-SOET eintlik stroopsoet maak. SEMI-SOET ...
Gradering uit 10:MEER


