THE BANG BANG CLUB

THE BANG BANG CLUB
LV
THE BANG BANG CLUB
Datum uitgereik: Vrydag 22 Julie 2011
Regisseur: Steven Silver

Gradering: 7

THE BANG BANG CLUB vertel die ware verhaal van ʼn groep persfotograwe in 1994 toe die land op die rand van ʼn burgeroorlog gestaan het. Hoe hierdie dapper lensmanne kameras soos gewere gebruik het en die spanning deur hulle lense vasgevang het, laat ʼn mens verstaan hoe naby ons aan die punt van totale anargie was.

Dit wys ook hoe fotograwe se koppe werk en hoe hulle ten alle koste ʼn pryswennende foto wil neem, maar die rolprent besin ook oor wat werklik agter die skerms gebeur het die jaar toe ons demokrasie gekry het. Dis gewelddadig, taai en ontstellend. Interessant dat sommige joernaliste meld dat die rolprent bietjie verglans is en nie altyd die volle waarheid praat nie. Maar THE BANG BANG CLUB is uitmuntend. Gaan kyk as jy weer wil onthou.

THE BANG BANG CLUB
THE BANG BANG CLUB
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?