SILENCE

SILENCE
V
SILENCE
Datum uitgereik: Vrydag 21 April 2017
Regisseur: Martin Scorsese

Gradering: 7

Martin Scorsese se SILENCE is ongelukkig nie een van sy bestes nie. Dit gaan oor twee Katolieke priesters wat in 1642 van Portugal af Japan toe reis, omdat hulle mentor sy godsdiens daar ontken het. Hoekom?

Boeddhisme en die Katolieke geloof bots lynreg wanneer Christene en die priesters op die mees brutale wyse denkbaar gefolter word. Daarmee ʼn stewige waarskuwing: SILENCE is 160 minute lank, is uitsluitlik op kunsfoendies gerig, en is uiters gewelddadig.

Scorsese probeer net te hard, want soms word ʼn rolprent oor-geregisseer, en dit is wat hier gebeur het. Goed soos die bedoelings is, kry SILENCE ‘n kunsmatige, kunsgedrewe voorkoms wat die aangrypende, tragiese ware verhaal verdwerg. Dink goed voordat jy geld hiervoor uithaal. Stilswye is dalk die beste antwoord.

SILENCE
SILENCE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 56)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?