SONG TO SONG

SONG TO SONG
SN
SONG TO SONG
Datum uitgereik: Vrydag 26 Mei 2017
Regisseur: Terrence Malick

Gradering: 4

As daar nou een geliefde regisseur is wat hard geval het, is dit Terrence Malick. Weg is die geniale aanslag van DAYS OF HEAVEN, BADLANDS en TREE OF LIFE. Sy jongste, SONG TO SONG, is een van die min rolprente in my lewe waaroor ek kan sê: “ek weet nie waaroor die gegaan het nie, en ek stel ook nie belang om dit uit te pluis nie.”

Groot akteurs soos Ryan Gosling, Michael Fassbender en Rooney Mara speel in hierdie romantiese rolprent oor twee egpare wie se liefdesverhale oorvleuel, en wat dan met hulle gebeur, of in die geval, NIE gebeur nie. Vir amper twee ure kyk jy net na mense wat flankeer, verlief is op mooi plekke, en eindeloos rondloop en tjil.

SONG TO SONG het my katswink geslaan, want ek het geen idee wat Malick daarmee probeer sê het nie. Malick-foendies mag nie met my saamstem nie.

SONG TO SONG
SONG TO SONG
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?