THE BIG SICK

THE BIG SICK
L
THE BIG SICK
Datum uitgereik: Vrydag 6 Oktober 2017

Gradering: 8

THE BIG SICK is losweg gebaseer op die waarheid. Dit gaan oor ʼn Pakistanse Moslem, knap gespeel deur Kumail Nanjiani, wat as komediant ʼn bestaan probeer maak. Hy raak op ʼn Amerikaanse meisie (Zoe Kazan) verlief, maar hulle ouers, en die verskille in politiek en godsdiens, staan in die pad. Hoe die komediant die probleme oorkom, en kaalvoet tussen die duwweltjies wandel, vorm die hooftema. Die humor is gitswart, die struikelblokke in die komediant se pad onmenslik, maar sy humorsin en dapperheid prysenswaardig.

THE BIG SICK is uitstekend, maar net vir kunsfoendies.

THE BIG SICK
THE BIG SICK
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 10)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?