SHOT CALLER

SHOT CALLER
LV
SHOT CALLER
Datum uitgereik: Vrydag 13 Oktober 2017
Regisseur: Ric Roman Waugh

Gradering: 7

Wees gewaarsku: SHOT CALLER is ʼn uiters brutale en ontstellende tronkfilm. ʼn gesinsman beland in die tronk ná ʼn ongeluk. Daar leer hy dat net die sterkste oorleef. Ons ervaar hoe ʼn gewone man in ʼn gewelddadige misdadiger ontaard, wat moor en vermink om aan die lewe te bly. Hier is geen rehabilitasie nie, net val in ʼn diep put van misdadige optrede.

Hierdie tronkdrama is bloedig gewelddadig en word aanbeveel vir mense vol testosteroon, en outjies bo 18 wat van geweldflieks hou. Dis soos die TV-reeks THE NIGHT OF, net nie so goed nie.

SHOT CALLER
SHOT CALLER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?