TULIP FEVER

TULIP FEVER
SN
TULIP FEVER
Datum uitgereik: Vrydag 10 November 2017
Regisseur: Justin Chadwick

Gradering: 5

TULIP FEVER is vernietig deur die resensente. Dit speel in 17e eeuse Amsterdam af. ʼn Meisie (Alicia Vikander) trou met ʼn Hollandse adellike (Christoph Waltz) in die tyd toe die swartmark vir tulpbolle hoogty gevier het. Die meisie, wat bewus is van die tulpe-koors, raak verlief op ʼn portretskilder (Dane DeHaan) en hulle besluit om van haar man ontslae te raak en saam weg te loop.... en geld uit tulpbolle te maak...   

Oppervlakkig gesien is TULIP FEVER so vermaaklik soos ʼn sepie, met spel wat sepie-tegnieke weerspieël. Enige sepieskrywer of -verslaafde sal die sepietegnieke ken. Verbode liefde, verraad, ʼn verhouding wat op ʼn ramp afstuur, en moord ‘n Mens word verlei deur die skoonheid van die tulpe en die romanse. Die probleem is die storie is eintlik ʼn mini-TV-reeks. Alles pas nie in nie, en die stories veg om aandag. Dis soos om ʼn middag voor die TV te sit. Ek sou wag tot TULIP FEVER op DVD is.

TULIP FEVER
TULIP FEVER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 2)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?