WONDER

WONDER
PG
WONDER
Datum uitgereik: Vrydag 8 Desember 2017
Regisseur: Stephen Chbosky

Gradering: 7

Jy dink jy gaan net met koeldrank en springmielies in die rolprent WONDER instap? Herbedink jou oorlewingstrategie! Stewig, onder jou arm, sal ʼn boks snesies ook vasgeknyp moet wees. Ja, en ek praat selfs met pa’s en spiertiere!

WONDER gaan oor ʼn seuntjie, pragtig gespeel deur Jacob Tremblay, wie se gesiggie van geboorte af misvorm is. Omdat hy anders as die ander kinders lyk, neem dit maande om aan te pas, nie net vir sy skoolmaats by hom nie, maar ook vir die seuntjie by hulle. Die rolprent loop in die dikwels hartseer, maar ook gevoelvolle spore van ʼn gesin wat net ʼn normale lewe probeer voer.

Wat WONDER die moeite werd maak, is dat die fliek ook soms uit die seuntjie se sussie se oogpunt vertel word, dus sien ons verskillende standpunte. Die rolprent ken sy mark en weet wat om wanneer te laat gebeur om jou hartsnare ʼn hartseer wysie te laat tokkel. Weet dus: jy gaan lag, huil, jubel, hartseer word en opgewonde hande klap. WONDER is vol inspirasie en warmte.

WONDER
WONDER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?