BARBIE: DOLPHIN MAGIC

BARBIE: DOLPHIN MAGIC
BARBIE: DOLPHIN MAGIC
Datum uitgereik: Vrydag 8 Desember 2017
Regisseur: Conrad Helten

Gradering: 6

Die rolprente waardeur ʼn resensent moet sit om luisteraars ingelig te hou, is twee ure wat jy nooit weer sal terugkry nie. Ek is nie die mark vir BARBIE: DOLPHIN MAGIC nie, maar het dit oorleef.

Dit gaan oor ʼn Barbie-pop en haar fraai sussies wat vir Ken gaan besoek wat die seelewe ondersoek, spesifiek ʼn skaars soort dolfyn. Die rolprent wys wat die poppies met hulle blonde, geteasde haartjies alles leer. Die subteks is natuurbewaring. Maar ek dink nét ma kan hulle dogtertjies na BARBIE: DOLPHIN MAGIC vergesel. Nie die soort fliek wat jy gaan kyk terwyl jy wag om te gaan rugby speel nie...

BARBIE: DOLPHIN MAGIC
BARBIE: DOLPHIN MAGIC
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 1)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?