VUIL WASGOED

VUIL WASGOED
LV

VUIL WASGOED, vlekke en al, haal fliekgangers wat deur die jare gewoond geraak het aan ʼn sekere soort Afrikaanse komedie, uit hulle komedie-gemaksone. Dis slim, gevat, donker, aweregs en moedswillig. Die humor is jonk en byderwets, en dit is nie so vulgêr as waaraan jy gewoond is nie. Dis ʼn eksperiment vir ʼn nuwe geslag, maar probeer ook ʼn ouer geslag, wat al suf is van die veilige clichés van die afgelope 30 jaar, oortuig om hulle klere hier te kom was. Weet net: nie almal gaan daarvan hou nie omdat hulle dalk nie tuis gaan voel met die satire en oorspronklike humorsin nie. Ek het gedink dis een van die snaakste komedies wat ek nog in Afrikaans gesien het sonder om te bloos.

Twee bleeksiele, gespeel deur Bouwer Bosch en Bennie Fourie, se wassery word deur die mafia gekaap. Gaan die ouens dit oorleef? Slapstick is vir die eerste keer so snaaks jy sal met ʼn oop keelgat lag. Die dialoog is spitsvondig en die situasies onverwags en slim, terwyl die redigering die presiese regte komiese ritme daaraan gee.

VUIL WASGOED
VUIL WASGOED
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 72)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?