JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE

JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE
LV
JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE
Datum uitgereik: Vrydag 29 Desember 2017
Regisseur: Jake Kasdan

Gradering: 6

Gewoonlik word die einde van die jaar met groot agterdog deur fliekfoendies bejeën, spesifiek omdat dit ‘n rommel-uitverkoping is. Die verspreiders wys meestal net kommersiële flieks wat nie eers ‘n oulap op ‘n garage-uitverkoping sou verdien nie, en nou word dit in ons keelgate afgedruk.

Jy hoef nie agterdogtig te wees oor JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE nie, want alhoewel dit komkommerkoel is, en so kommersieel is soos ‘n ekstra groot hamburger met slaptjips en tamatiesous, sal dit die gesin vir twee ure bekoor, mits hulle hul breinselle afskakel.  

Dit is ‘n nuwe weergawe van die Robin Williams-fliek waar ‘n groep mense in ‘n wrede bordspeletjie beland om na ‘n skat te gaan soek, wat hulle op sy plek moet terugsit. Jy weet, en ek weet, dat niemand in hierdie soort flieks doodgaan nie, nie eers die skobbejakke nie, dus gebruik die katte meer as hul nege lewens op. Wat hier werk, is die slim kwinkslae, die boodskap dat ‘n mens jouself moet aanvaar, en dat jy die held in jouself moet ontdek, en vrede moet maak met wat jy daar kry. Ook dat ‘n mens moet leer om as ‘n groep saam te werk.

Vier skoliere, so reg uit THE BREAKFAST CLUB in die bosse, beland in ander gedaantes in ‘n bordspeletjie, Jumanji. Elke karakter se swakheid word uitgewys, maar sy sterkpunte word opgeskerp om die res van die groep te help. Mooi mense, soos die aantreklike Nick Jonas en Dwayne Johnson, stuur hulleself op so tussen die aksie, dramatiese, maar voorspelbare wendings in die storie, en oppervlakkige karakterisering wat aan stereotipes grens.

Tog word JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE aanbeveel as die soort loskop-vermaak en springmielie-poppende kapperjolle vir die verbeelding wat jy net gedurende die Desember-vakansie mag verorber.

JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE
JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 12)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?