THE GREATEST SHOWMAN

THE GREATEST SHOWMAN
VP PG
THE GREATEST SHOWMAN
Datum uitgereik: Vrydag 29 Desember 2017
Regisseur: Michael Gracey

Gradering: 8

Dit word oor die algemeen aanvaar dat J.T. Barnum sirkusse ontwerp en geskep het, Hy is die eerste man wat verstaan het wat vermaak regtig behels, en wat die vermaaklikheidswêreld verstaan het. Hy het begin om vir mense te gee presies wat hulle wou hê.

Hugh Jackman is flambojant in ‘n luisterryke, oordadige kleurvolle musiekrolprent vol praal, beweging, drama, komedie en kleur. Dit is groter as die lewe self en het ‘n energie en onrustigheid wat die showmanship van Barnum beklemtoon. Hierdie impresario beïndruk tussen die dol, ritmiese bewegings, musiek, danse en uitbundigheid. Dis veral die danse, asook Michelle Williams en Rebecca Ferguson wat registreer tussen al die uitbundigheid. Jy mag dol wees oor hierdie glansmusiekprent.

THE GREATEST SHOWMAN
THE GREATEST SHOWMAN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 28)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?