BEATRIZ AT DINNER

BEATRIZ AT DINNER
LVP D
BEATRIZ AT DINNER
Datum uitgereik: Vrydag 29 Desember 2017
Regisseur: Miguel Arteta

Gradering: 8

BEATRIZ AT DINNER is een van die vreemdste kunsrolprente wat jy sal sien. Dit is soos om by vreemde mense op te daag, en jy weet nie wat om te verwag nie. Skielik begin al die gaste gelyk te praat en die aand draai anders uit. Beatriz, wat in holistiese medisyne spesialiseer, se motor breek by ‘n kliënt se huis. Sy vra om oor te slaap, maar bevind haar midde-in haar gasvrou se grootbek-vriende met hulle eie politieke agendas. Tydens die ete ontmoet sy iemand wat haar dwars opvryf, en die aand verander radikaal. Wat hier werk, is die verrassingselement, asook die vars, eksentrieke karakters.

BEATRIZ AT DINNER is ‘n woordryke rolprent, met dialoog beter as Woody Allen se Wonder Wheel. Dit het handelende dialoog, wat karakteriserend is en sekere netelige kwessies aanspreek, maar op ‘n reguit en vreeslose manier. Dit het ‘n onverwagse kinkel, wat jou kunsfliek-kliere sal kielie.

BEATRIZ AT DINNER
BEATRIZ AT DINNER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?