FIFTY SHADES FREED

FIFTY SHADES FREED
SLNV
FIFTY SHADES FREED
Datum uitgereik: Vrydag 9 Februarie 2018
Regisseur: James Foley

Gradering: 0

So. Hoe hou jy van jou liefde? Versuiker, versoet met baie versiersuiker by en gedoop in karamel met so ‘n tikkie van ‘n byt in? En ‘n ligte piets van ‘n sweep? Dan mag jy FIFTY SHADES FREED geniet. Dit is beter as die twee voorgangers omdat die rolprent homself nie heeltemal so ernstig opneem as tevore nie. Daar is ook meer sensualteit in – ja, dis die sagte manier om te sê daar is meer sekstonele vir die wat wil kla, maar as jy na FIFTY SHADES FREED gaan kyk, wat verwag jy?

Alles is mooi tot in die oortreffende trap, selfs die ligte sado-masochistiese tonele. Dakota Johnson werk in die rol van Anastasia, wat nou ‘n bietjie meer murg in haar pype het – sy is deesdae die een wat die sweep laat klap. En Jamie Dornan wys meer lyf en lyk bietjie gemakliker. ‘n Mens lag nie meer openlik vir die fliek se stertriempie-dun-storie nie – dus het die regisseur James Foley uit die vorige flieks se foute geleer, maar daar is steeds baie erotiese musiek, sagte beligting,  naaktheid en... ja, daardie gekreun wat jy hoor mag ‘n  geluid wees wat jou lippe ontsnap.

FIFTY SHADES FREED is op vroue gerig, maar ek is seker daar sal ‘n paar manne wees wat die ooglekkergoed sal geniet en dalk nuwe idees sal kry. Dis nie so sleg soos die voriges nie.

FIFTY SHADES FREED
FIFTY SHADES FREED
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 12)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?