THE DISASTER ARTIST

THE DISASTER ARTIST
SLN
THE DISASTER ARTIST
Datum uitgereik: Vrydag 9 Februarie 2018
Regisseur: James Franco

Gradering: 8

Wat was die swakste rolprent wat jy al gesien het? Nee, moenie almal gelyk praat nie! Maar wag, swaer! Skrap daai nommer 1, wat dit ook al is, want THE ROOM, wat nie verwar moet word met Brie Larson se ROOM twee jaar gelede nie, word saam met Ed Wood se pleegsels, as die swakste rolprent ooit bestempel. In THE DISASTER ARTIST het James Franco met die skrywer en regisseur daarvan, Tommy Wisaeau, gepraat en toe besluit om ‘n film te maak wat lyk na ‘n kruis tussen ‘n lopende, pratende Kersboom en ‘n kamera wat omgeval het. Eksentriek, kamp, oordrewe en moedswillig is nie die woord nie. Daarom, al kry die rolprent hoë punte, sal nie almal daarvan hou nie. Taal en naaktheid kan pla.  

Dis ‘n huldeblyk aan onskuld, verdraagsaamheid, verlore drome en iemand wat omtrent soveel talent vir rolprentmaak gehad het as wat knoffel talentvol moet voel om oor ‘n slak gesmeer te word. Jy sal bietjies-bietjies stik van die lag as jy besef hoe  verdraagsaam sommige mense met swak gehalte is, miskien omdat hulle net daaraan blootgestel word.

Hoekom THE DISASTER ARTIST gemaak is? Want THE ROOM was so lagwekkend lomp en afgryslik, dat dit na 13 jaar steeds om middernag in Amerika vertoon word waar mense van al hulle inhibisies kan ontslae raak en hulleself in ‘n koma kan lag. Dave Franco wys dat hy meer talent het as sy bekende broer James. THE DISASTER ARTIST is ‘n rampspoedige komedie.

THE DISASTER ARTIST
THE DISASTER ARTIST
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?