12 STRONG

12 STRONG
LV
12 STRONG
Datum uitgereik: Vrydag 9 Februarie 2018
Regisseur: Nicolai Fuglsig

Gradering: 5

12 STRONG speel af kort ná die terreuraanvalle op Amerika in September 2001. Amerikaanse soldate word in Afghanistan afgelaai om saam met Afghaanse soldate op hulle perde teen die Taliban te veg. Natuurlik moet albei faksies leer om by mekaar aan te pas as hulle die vyand wil uitwis. Dis ‘n donker, beklemmende rolprent waarin Amerikaanse patriotisme, gevegsvernuf, die wyse waarop soldate kan aanpas, en hoe hulle vyandige terrein gebruik om by die vyand uit te kom, uitbeeld. Die rolprent is ‘n direkte uitvloeisel uit baie Amerikaners se ontevredenheid teenoor Donald Trump op die oomblik. 12 STRONG is net as jy van oorlogflieks hou, maar dis nie in dieselfde klas as byvoorbeeld DUNKIRK nie.

12 STRONG
12 STRONG
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?