Nou op die lug

Reis sonder grense

10:00-11:00

Interaktief

ALL THE MONEY IN THE WORLD (ROLPRENT / SHOWMAX)

ALL THE MONEY IN THE WORLD (ROLPRENT / SHOWMAX)
LVD
ALL THE MONEY IN THE WORLD (ROLPRENT / SHOWMAX)
Datum uitgereik: Vrydag 3 Julie 2020
Regisseur: Ridley Scott

Gradering: 8

ALL THE MONEY IN THE WORLD is ‘n tameletjie. Dit het berug geword omdat Kevin Spacey eers John Paul Getty gespeel het, en toe vervang is met Christopher Plummer, wat vir ‘n Oscar benoem is. Dit gaan oor Getty se kleinseun, Paul, wat deur Italiaanse terroriste ontvoer en gemartel is. Getty het vir maande lank geweier om die losprys van $17-miljoen, later $2-miljoen, te betaal vanweë oormatige suinigheid. Ten spyte van biljoene in die bank het hy soos ‘n arm man geleef, en selfs sy eie wasgoed gedoen om geld te spaar. As jy dink jy ken suinige mense, wag tot jy gesien het hoe inhalig Getty is – ten koste van sy kleinseun se gesondheid en lewe.

Michelle Williams as Paul se ma baklei egter terug teen die terroriste en haar pa. Die probleem is dat daar by die waarheid bygelieg is vir dramatiese effek. Die uiteinde van die saak, en Getty se uiteindelike dood in die 80’s, is byvoorbeeld aangepas en dit bring ‘n effense wrang nasmakie mee as jy die ware storie ken. Maar as ‘n rolprent wat jou onderstebo gaan slaan, is ALL THE MONEY IN THE WORLD op ‘n kunmsatige manier boeiend.

ALL THE MONEY IN THE WORLD (ROLPRENT / SHOWMAX)
ALL THE MONEY IN THE WORLD (ROLPRENT / SHOWMAX)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?