FINAL PORTRAIT

FINAL PORTRAIT
LD
FINAL PORTRAIT
Datum uitgereik: Vrydag 9 Maart 2018
Regisseur: Stanley Tucci

Gradering: 4

FINAL PORTRAIT is een van daardie pynlike pogings tot rolprente wat op die waarheid gegrond is en ‘n storie dunner as ‘n garingdraadjie het, maar die waarheid maak dit steeds nie interessanter nie, want daar gebeur NIKS nie. Nie dat ‘n mens altyd bomontploffings verwag nie, maar selfs al word ‘n karakter se interne landskap ontgin, moet dit darem steeds interessant wees.

FINAL PORTRAIT is gebaseer op die ware verhaal van James Lord (Armie Hammer), wat instem om vir Alberto Giacometti, die bekende skilder en beeldhouer, te sit sodat hy hom kan skilder. En dis al wat gebeur...

Giacometti, gespeel deur Geoffrey Rush, het ‘n haarstyl wat Einstein aan sy e=mc2 formule sou laat twyfel. ‘n Mens kan net so lank kyk na iemand wat vir ‘n portret poseer, en onder die indruk kom van hoe swaar ‘n man aan genialiteit dra. Dis soos daardie mense wat jou vra om ‘n selfoonfoto van hulle te neem, die kamera wil nie werk nie, en jy moet hoflik weer en weer probeer.

Al wys FINAL PORTRAIT in kunsteaters, en al lyk die plakkaat hoe aanloklik, daar gebeur niks 90 pynlike minute nie. En jy moet betaal om daarna te kyk! Ag nee man!

FINAL PORTRAIT
FINAL PORTRAIT
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 2)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?