DOWNSIZING

DOWNSIZING
LND
DOWNSIZING
Datum uitgereik: Vrydag 9 Maart 2018
Regisseur: Alexander Payne

Gradering: 5

Arme Matt Damon moet oppas dat hy nie in die has been-kategorie beland nie. Nie alleen speel hy in DOWNSIZING die rol van ’n man wat besluit om homself tot enkele sentimeter te laat krimp nie, hy verveel jou ook.

DOWNSIZING is gemaak deur Alexander Payne wat bekend is vir die verrassende NEBRASKA en THE DESCENDANTS. Met ander woorde hy maak oorspronklike satires, maar dié slag krimp selfs sy aansienlike talent in ‘n rolprent waar mense in ‘n miniland gaan woon waar jy minivermaak word, maar jy moet ‘n oneindige 2 uur en 15 minute lank na sy krimpery sit en staar en gaap en gaap en gaap... ‘n Besoek aan jou tandarts is korter en aangenamer.

Damon se karakter besef dat, om te krimp en sodoende minder plek op die planeet op te neem, nie sy probleme verklein nie, net sy genot van die lewe. Die film is nie snaaks nie, daar word te min met die krimpery gedoen, en dit raak regtig vervelig omdat die skrywer dit nie behoorlik subteks kan gee nie, veral wanneer die rolprent die spoor in die laaste 20 minute byster raak.

As jy by ‘n teater verbyloop waar DOWNSIZING wys, sit jou oogklappe aan en stap verby. Dis geldmors.

DOWNSIZING
DOWNSIZING
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?