DEATH WISH

DEATH WISH
LVD
DEATH WISH
Datum uitgereik: Vrydag 9 Maart 2018
Regisseur: Eli Roth

Gradering: 4

DEATH WISH is nuwe weergawe van die destydse Charles Bronson-fliek. Ons woon in ‘n land waar daar daagliks inbrake, plaasaanvalle en moorde plaasvind. Wil jy werklik ook daarna in ‘n Amerikaanse rolprent kyk, wat geweld verheerlik en bloedige versiersuiker op die kolwyntjie plaas.

Die storie? ‘n Passifis-dokter (Bruce Willis) se vrou word wreedaardig deur booswigte in haar huis vermoor, en haar dogter beland in ‘n koma. Vier van die brutaalste skurke martel hulle. Dan word hy self ‘n geweldenaar en wreedaard, eintlik ’n vigilante wat wreedaardig vir ‘n uur lank bloedige wraak neem. Regtig? Ek wil dit nie meer sien nie. En as Bruce Willis ‘n dokter kan wees, hardloop ek Saterdag as nommer 10 uit op die rugbyveld. Wees baie versigtig vir DEATH WISH. Dis brutale en gewelddadige eksploitasie.

DEATH WISH
DEATH WISH
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?