THE 15:17 TO PARIS

THE 15:17 TO PARIS
VD
THE 15:17 TO PARIS
Datum uitgereik: Vrydag 9 Maart 2018
Regisseur: Clint Eastwood

Gradering: 4

Clint Eastwood se THE 15:17 TO PARIS is ‘n groot teleurstelling. Dit vertel die ware verhaal van drie beste vriende, wat ‘n terroriste-aanval op ‘n trein gefnuik het. Die probleem is die eksposisie. Dit beteken dat die terugflitse na die drie manne se kinderjare en weermagopleiding so vervelig is, dat ‘n mens soos tuinkabouter voel wat vir jare sit en visvang in sement. Jou kop kan nie eers knik as jy aan die slaap raak nie. Daarna toer hulle deur Europa in ‘n toer wat verveliger is as jou skoolbustoer deur die platteland in matriek met jou maats wat 99 Bottles of Beer honderd maal oorsing.

Die terroriste-aanval op die trein neem amper net 15 minute van die rolprent in beslag. Langdradig is nie die woord nie. Dit laat harmansdrup na ‘n taxi lyk wat by jou verbyskiet en voor jou indruk.

Ek bring beslis hulde aan die brawe manne, maar die kritiek is teen Clint Eastwood wat te laat besef het die storie is te dun vir 90 minute. Eastwood maak nie jou dag nie, hy mors dit. Dis meer boeiend om jou nors oupa se toonnaels te knip as om deur THE 15:17 TO PARIS te sit.

THE 15:17 TO PARIS
THE 15:17 TO PARIS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?