BASED ON A TRUE STORY (D'APRES UNE HISTOIRE VRAIE)

BASED ON A TRUE STORY (D'APRES UNE HISTOIRE VRAIE)
L
BASED ON A TRUE STORY (D'APRES UNE HISTOIRE VRAIE)
Datum uitgereik: Vrydag 8 Junie 2018
Regisseur: Roman Polanski

Gradering: 6

BASED ON A TRUE STORY is gelukkig nie ʼn ware verhaal nie. Dit kom van Roman Polanski wat sy vrou, Emmanuelle Seigner, in die hoofrol gebruik as ʼn neurotiese, angsbevange skryfster wat... soos altyd in die soort rolprente, aan skrywersblok ly. Dan maak ʼn agtervolger haar opwagting in die vorm van Eva Green, en verander die skrywer se lewe, waarin fantasie en werklikheid oorvleuel, in chaos.

Dis ʼn komplekse rolprent waarvan die storie plek-plek neig om interessant te raak. Die rolprent sukkel deur sy eerste bedryf, maar wanneer die agtervolger eers begin om die skryfster se lewe oor te neem, kry dit momentum en kan jy dalk R70 daarop uitgee. Dit verduidelik so bietjie hoe moeilik die skryfproses is, wat vir lesers dalk so maklik lyk.

BASED ON A TRUE STORY is gemiddeld, dis tipies Polanski, en is reg vir ʼn koue wintersagtermiddag.

BASED ON A TRUE STORY (D'APRES UNE HISTOIRE VRAIE)
BASED ON A TRUE STORY (D'APRES UNE HISTOIRE VRAIE)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 0)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?