AMERICAN ANIMALS

AMERICAN ANIMALS
LVD
AMERICAN ANIMALS
Datum uitgereik: Vrydag 6 Julie 2018
Regisseur: Bart Layton

Gradering: 8

Een van vanjaar se byderwetse en intelligente aksieflieks met ‘n I.K. hoër as ‘n springmielieboks, is AMERICAN ANIMALS. Dis op die waarheid gegrond, wat seker jou oë laat rol. Die verskil is: die werklike diewe lewer tussenin die gebeure, waar akteurs en ‘n regisseur die aksie dramatiseer, suur kommentaar oor wat werklik gebeur het. Die lekkerste is: niks word aangedik nie. Die diefstal van skaars kunsboeke uit ‘n universiteit is so vermetel en lomp, dat ‘n mens ineenkrimp van verleentheid.

AMERICAN ANIMALS is in ‘n unieke styl gemaak. Die redigering is vinniger as wat beurtkrag jou tref. Verskillende perspektiewe, ‘n nugtere siening van die diewe se foute, en kommentaar van hulle slagoffers, plaas dit in ‘n ander kategorie.

AMERICAN ANIMALS is verrassend en gedissiplineerd, al gaan dit oor maltrap-diewe, en is selfs roekeloos vermetel. Sterk aanbeveel as jy van ‘n diefstalfliek met ‘n intelligente aanslag hou waar dit nie gaan om: “gaan hulle wegkom nie”? Maar “was daarhoegenaamd breinselle wat gedurende die roof met mekaar gekommunikeer het?”

AMERICAN ANIMALS
AMERICAN ANIMALS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 3)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?