SKYSCRAPER

SKYSCRAPER
LV
SKYSCRAPER
Datum uitgereik: Vrydag 13 Julie 2018

Gradering: 5

SKYSCRAPER mag na ‘n dramatiese fliek klink, maar in werklikheid is dit ‘n komedie. ‘n Mens kan nie anders as om uit te bars van die lag vir sekere vergesogte tonele nie. Byvoorbeeld: ‘n Man wat ‘n hysbakkraan swaai, ‘n blok ver van die kontrepsie af spring tot op die 90ste verdieping van ‘n 240-verdieping brandende gebou, veilig deur ‘n toevallige oop venster land, opstaan en sug: “Sjoe!”. Dit stel hoë eise aan jou logika. Kyk, as ‘n orkaan nie vir  Amerika Hurricane Heist kon wegwaai nie, gaan ‘n brandende gebou Hongkong beslis nie op sy knieë bring nie. Nie in Hollywood se hande nie.

Dwayne Johnson moet die veligheidsmaatreëls van die monstergebou inspekteer, maar natuurlik is daar geldgieriges met ander motiewe wat die gebou wil vernietig. Wat hom verder motiveer om van buite af in die brandende gebou in te breek, is omdat sy gesin daar aangehou word. Jy het nog nooit soveel mense gesien wat deur ‘n vlammehel hardloop sonder dat ‘n haartjie skroei nie. Of soveel karakters wat van brekende planke oor duisligwekkende hoogtes afhang nie.

SKYSCRAPER neem vergesogtheid na ‘n nuwe vlak. Dit word aanbeveel as jy daarvan hou om te kyk hoe Dwayne Johnson die onmoontlike regkry, en jy wil net na avontuur staar, maar pas op as jy verlang na die goeie ou dae toe manne nog manne was en aksie nog woema gehad het. Wat ons nou nodig het, is weer ‘n hardebaard geloofwaardige aksie-pretparkrit. Maar ek weet nie van enige goeie een wat kom nie...

SKYSCRAPER
SKYSCRAPER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?