SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO

SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO
VPG
SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO
Datum uitgereik: Vrydag 14 September 2018
Regisseur: Richard Lanni

Gradering: 7

Die animasieprent SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO is miskien meer op volwassenes as kinders gerig, alhoewel die kleinspan dit ook baie behoort te geniet. Dit gegrond op die ware verhaal van ‘n brak wat tydens die Eerste Wêreldoorlog toevallig in die barakke van ‘n klomp soldate beland, wat Frankryk toe gestuur is vir ‘n bloedige veldslag. Die brakkie het uiteindelik ‘n toekenning vir dapperheid gekry, en het talle lewens gered.

Die animasie is skoon en meer in lyn met die animasietegnieke van sowat ‘n dekade gelede, voor Disney alles oorgeneem het. Die brakkie sal diep in jou hart kruip, en die animasie is inspirerend en anders as waaraan jy gewoond is.

SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO vertel ‘n ware verhaal op ‘n boeiende animasie-manier.

SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO
SGT. STUBBY: AN AMERICAN HERO
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?