THE FORGIVEN

THE FORGIVEN
LVP
THE FORGIVEN
Datum uitgereik: Vrydag 5 Oktober 2018
Regisseur: Roland Joffé

Gradering: 8

THE FORGIVEN is ‘n onthutsende en uitmergelende rolprent oor die Waarheid- en Versoeningskommissie se sittings in die jare 90 onder leiding van aartsbiskop Demund Tutu. In hierdie weergawe kom Tutu voor ‘n rassis te staan wat opdragte van die destydse regering uitgevoer het. Die man, hier gesien as ‘n brutale mordenaar wat intussen inghegtenis geneem is, moet voor die kommissie verskyn. Maar het hy berou oor wat hy gedoen het? Of het hy sy moorde en martelings as ‘n opdrag gesien?

THE FORGIVEN gaan oor die gesprekke tussen die man (briljant en meedoënloos  gespeel deur Eric Bana met ‘n Suid-Afrikaanse aksent wat redelik oortuig) en Tutu (knap gekarakteriseer deur Forest Whitaker). Baie ou septiese wonde word weer oopgekrap. Bendegevegte breek in tronke uit, die land huiwer op die rand van ‘n burgeroorlog, en hierdie twee manne stamp bloedig koppe. Sal die man kwytgeskeld word van sy brutale moorde, en sal die families van sy slagoffers hom vergewe?

Wees gewaarsku: THE FORGIVEN, wat ook spog met puik plaaslike spelers, het erge rassistiese taalgebruik en gruwelike geweld en beskrywings van wat voor braaivleise gedurende moorde gebeur het. Dit bring ook al die ou sondes van die verlede in eksplisiete terme terug. Die rolprent gryp aan, en sal veral Suid-Afrikaners en mense wat weet wat gebeur het, laat debatteer. Dis knap, maar dink baie goed of jy kans sien om deur daardie suiweringsproses te gaan, deur weer na die vergrype van die verlede te kyk.

THE FORGIVEN
THE FORGIVEN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?