COLETTE

COLETTE
SLNP
COLETTE
Datum uitgereik: Vrydag 7 Desember 2018

Gradering: 8

COLETTE is op die waarheid gegrond. Dit gaan oor Sidonie-Gabrielle Colette, ‘n uitstekende skrywer wie se eerste romans onder haar man se naam gepubliseer is omdat ‘vroueskrywers nie verkoop nie’. Later het sy ‘n vriendin ontmoet op wie sy verlief geraak het, en van toe af het haar loopbaan en skryfwerk geblom. COLETTE is met groot sorg gemaak, en skets ‘n raak prentjie van hoe veral vroueskrywers onderdruk is, en hoe sy moes veg om selfbehoud, en om erken te word as ‘n skrywer.

Soos die meeste kunsrolprente, beweeg dit stadig, tydsaam en deeglik met noukeurige aandag aan draaiboek en regie. Dit word vir kunsliefhebbers aanbeveel wat van die fynere dinge in die lewe hou.

COLETTE
COLETTE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 5)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?