CAPERNAUM

CAPERNAUM
VP D
CAPERNAUM
Datum uitgereik: Donderdag 18 April 2019
Regisseur: Nadine Labaki

Gradering: 9

CAPERNAUM is ‘n meesterstuk, maar absoluut net vir kunsliefhebbers. Die titel beteken chaos, en is gegrond op die semi-waarheid, maar wees gewaarsku: dit is ‘n rateltaai sit – net vir deurwinterde kunsfoendies.

‘n Jong Libanese seuntjie neem sy ouers hof toe omdat hulle verantwoordelik is dat hy in ‘n lewe is wat hy nie wou gehad het nie. Die rolprent vertel hoekom hy dit doen.

Dit is uitmergelend, want die onwettige immigrasie-probleem, en die foltering van straatkinders wat daagliks honger ly, word vir 2 ure lank uiters realisties uitgebeeld. Dit voel of jy na die waarheid kyk. Niks is vir jou vermaak opgestel nie, en die storie beweeg nie soos jy dit sou verkies nie. Die waarheid is dat immigrante en straatkinders daagliks onder haglike omstandighede moet oorleef. Die fliek bring hulde aan hulle. CAPERNAUM kry 9/10, maar is absoluut net op kunsfoendies gerig.

CAPERNAUM
CAPERNAUM
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?