The White Crow

The White Crow
The White Crow
Datum uitgereik: Vrydag 14 Junie 2019
Regisseur: Ralph Fiennes

Gradering: 8

‘n Filmiese weergawe van die balletdanser Rudolf Nureyev se oorloop na die Weste in 1961, THE WHITE CROW draai by kunsteaters. Die rolprent is nie altyd baie vleiend oor Nureyev nie, en wys hom dikwels as ‘n balletdanser met ‘n ego groter as die verhoë waarop hy gedans het. Hy was ontevrede met die wyse waarop sy eie mense, die Russe, hom behandel het, en het artistieke en persoonlike vryheid in Parys gesoek. Die uitbeelding van sy oorloop Weste toe op ‘n lughawe in Parys is veral nogal senutergend.
Alhoewel  Oleg Ivenko, wat die rol van Nureyev speel, self ‘n balletdanser van formaat is, is sy spel nie altyd so goed as Nureyev nie. Tog hinder hy ‘n mens nie, veral omdat hy so goed dans. Onthou net, die fliek spring rond tussen Nureyev se kinderdae en sy oorstap na die Weste, maar daar is nie eintlik tonele oor wat daarna met hom gebeur het nie. THE WHITE CROW word aanbeveel vir kunsrolprentaanhangers.

The White Crow
The White Crow
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?