Nou op die lug

Monitor

06:00-08:00

Interaktief

GRETA

GRETA
LV
GRETA
Datum uitgereik: Vrydag 12 Julie 2019
Regisseur: Neil Jordan

Gradering: 6

Soms is ‘n fliek ‘n bietjie bedenklik. Dis nie noodwendig “sleg” nie. Dit beteken, ten spyte van sy kwaliteit, is dit steeds op ‘n manier amusant, koddig, selfs kostelik en selfs plesierig. ‘n Mens geniet die rolprent ten spyte van jouself.

GRETA val in daardie kategorie. Ek het nog niemand teëgekom wat gesê het dis goed nie, maar dan hoor ek na die tyd dieselfde mens sê: “Ek het dit eintlik geniet, ek wou dit net nie voor hom sê nie.” GRETA is daardie soort fliek. So vergesog, so amusant op ‘n donker-komiese manier omdat dit so oordrewe is, dat ‘n mens dit tog geniet, maar nie wil erken nie. Een van daardie troetelflieks wat jy lank onthou en vir iemand fluister om te gaan kyk, maar ‘n lou resensie gee. ‘n Bloos-plesiertjie.

GRETA is die moeite werd as gevolg van die spel van die hoofaktrises, Chloë Grace Moretz, as ‘n onskuldige meisie in New York, en die grote Isabelle Huppert, wat mooier en sexier word hoe ouer sy word. Sy speel ‘n geheimsinnige en eensame dame. Wat gebeur as die meisie die ouer dame op ‘n onortodokse manier ontmoet, en vreemde dinge gebeur?

GRETA is vet pret, so ‘n regte droog-drup-fliek, maar regtig vergesog. Probeer om nie die lokprent te kyk, of te veel daarvan te lees nie. Dalk sal jy saamstem dat GRETA 6 uit 10 werd is. Of dalk bietjie meer? Eintlik diep in my hart, ja, maar ek sê dit nie hardop nie...

GRETA
GRETA
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?