Nou op die lug

Naweektjil

22:30-23:59

Interaktief

SKIN

SKIN
SLNVP D
SKIN
Datum uitgereik: Vrydag 19 Julie 2019
Regisseur: Guy Nattiv

Gradering: 8

SKIN vertel die uitmergelende en brutale eerlike verhaal van Bryon Widner, uitmuntend gespeel deur Jamie Bell, wat aanvanklik as ‘n sogenaamde Skin Head begin het. Hierdie uiterste rassis het beledigende tatoeëermerke op sy hele liggaam en gesig laat aanbring, en haat en onmin gesaai so ver soos hy gegaan het. Toe ontmoet hy ‘n meisie, die ewe vernuftige aktrise Danielle Macdonald, en raak bekeer. Hy het elke tatoeëermerk vir jare lank stukkie vir stukkie laat afbrand, en jy sien die pyniging telkens in nabyskote. Die rolprent vertel sy onwerklike lewensverhaal.

Ek moet ernstig waarsku: ek het in ‘n stadium so beklem gevoel, dat ek uit die teater wou vlug. Ons leef in ‘n land wat so gewelddeurdrenk is, dat om dit ook vir 2 ure lank op die silwerdoek mee te maak, jou ‘n paniek-aanval kan laat kry. Maar dit laat ‘n mens besef: elke land het sy probleme. ‘n Mens oorleef SKIN, jy kyk nie net daarna nie. Wees bewus dus dat ekstreme vulgêre taalgebruik, uiterste geweld, eksplisiete seks en tonele wat verwoestend uitputtend is, sterk eise aan jou as fliekganger stel. Net absoluut-deurwinterde fliekgangers sal SKIN kan oorleef.

Dis ‘n nodige toevoeging tot ware verhale oor geweldenaars wat bekeer raak, maar dit voel of jy agterstevoor deur ‘n vleismeule gevoer word en stukkie vir stukkie opgekerf word. SKIN is oorbluffend grusaam, kwetsend en gewelddadig.

SKIN
SKIN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?