Nou op die lug

Deurnag (Vrydag)

00:00-04:45

Empty

Interaktief

BACK OF THE MOON

BACK OF THE MOON
SLNVP D
BACK OF THE MOON
Datum uitgereik: Vrydag 6 September 2019
Regisseur: Angus Gibson

Gradering: 9

‘n Mens voel trots om Suid-Afrikaans te wees nadat jy BACK OF THE MOON deur Angus Gibson gesien het. Dit is betowerend, wreed, atmosferies, dikwels eksplisiet, skokkend, maar ook meevoerend en knap geregisseer.

Dit gaan oor Badman (Richard Lukunku), ‘n bendeleier in Sophiatown in 1958. Dit is die vooraand van die uitsetting van mense uit hierdie voorstad van Johannesburg. ‘n Beeldskone vrou gee haar laaste uitvoering in die jazz-voorstad voordat die padskrapers inbeweeg. Dan beland sy tussen Badman en ‘n ander bende, en die jazz word deur bloed bevlek. Xenofobie, bendewoede en rassisme vier hoogty.

Wees gewaarsku: die rolprent is eksplisiet en kan jou skok. Maar dit is so goed geregisseer en so briljant vergestalt, dat dit die kyker dadelik boei. Mag, hebsug en liefde bots op dramatiese wyse in ‘n rolprent wat 1958 uitstekend herskep, en die wrede liefdesverhaal na sy opswepende klimaks voer. Geluk aan regisseur Angus Gibson! BACK OF THE MOON is vir uitgesoekte smaak.

BACK OF THE MOON
BACK OF THE MOON
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?