Interaktief

DOWNTON ABBEY

DOWNTON ABBEY
P
DOWNTON ABBEY
Datum uitgereik: Vrydag 20 September 2019
Regisseur: Michael Engler

Gradering: 8

Terwyl ‘n mens na DOWNTON ABBEY kyk, voel dit of jy weer by geliefde ou vriende gaan kuier en jou hande by ‘n kaggelvuur warmmaak met ‘n glasie port daarna. Maar was dit nie vir die televisiereeks nie, sou jy nooit kon bekostig om met hulle te gesels nie. Die rolprent neem die kuiertjie ‘n stappie verder, want Koning George V en die koningin gaan een aand by hulle tuis. Wat daarvan, vra jy seker? Want die personeel, wat op die onderste verdieping woon, en die adellikes op die eerste verdieping, het dikwels meningsverskille wat tot groot vermaak lei... Maar dié slag is daar ‘n kompetisie tussen die koning se personeel en die Abbey se footmen en lyfknegte. Dit lei tot heerlike komiese oomblikke, maar ook poeierkwasgevegte waarin stywe boordjies hulle stysel verloor, en pruike soos vreemde vlieënde voorwerpe rondvlieg.

DOWNTON ABBEY is die soort ervaring waar jy bloot agteroor kan sit en toelaat dat die lord en ladies jou vermaak. Dis so lekker soos om sjokoladekoek met ‘n pikante vurkie te eet. Klasseverskille is steeds aan die orde van die dag, terwyl die onderonsies, verhoudings en meningsverskill na ‘n vermaaklike klimaks lei.

DOWNTON ABBEY word vir sy volgelinge en bewonderaars aanbeveel. Dit is gesofistikeerd, knoop vele storielyne vas wat na die laaste TV-episode nog in die lug gehang het, en neem ook afskeid van ‘n paar karakters. En niemand kan ‘n spitsvondige kwinkslag met ‘n stywer, meer afkeurende bolip as Maggie Smith gee nie. DOWNTON ABBEY is gemaklike, snoesige, gesofistikeerde vermaak, en word sterk aanbeveel.

DOWNTON ABBEY
DOWNTON ABBEY
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?