Nou op die lug

Wakker

05:00-05:55

Interaktief

DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER

DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER
VPGD
DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER
Datum uitgereik: Vrydag 18 Oktober 2019
Regisseur: Matthys Boshoff

Gradering: 7

Baie mense ken die legende oor ‘n tienermeisie, wat in die 1800’s haar lewe opgeoffer het vir haar boetie. Hy het verkluim, en Racheltjie het haar klere uitgetrek om hom warm te hou. Sy het in die proses gesterf. Matthys Boshoff, ‘n blink en intelligente jong regisseur, het hierdie moeilike verhaal, wat binne twee sinne opgesom kan word, verfilm, en saam met Brett Michael Innes ‘n storie geweef. Dit moes bloedsweet gekos het, want die storie stagneer soms.

Dit neem egter niks weg van die feit dat Boshoff ‘n pragtige periodefilm gemaak het nie. Die wye oop Vrystaatse vlaktes, teen die agtergrond van die berge wat soos draketande uitstaan, het lanklaas so indrukwekkend gelyk. Reeds in hierdie beelde word die tema van gevangenisskap uitgebeeld, want die huis waarin die plaasmense woon, wat tydelike herberg aan die ontwortelde gesin bied, beklem die mense en keer hulle vas. Die storie gaan ook oor Racheltjie se grootwordproses, en haar rebellie teen die eng denkwyse van haar pa, en sy stug optrede teenoor haar.

Zonika de Vries is ‘n vonds as Racheltji,e en onderspeel pragtig. Sandra Prinsloo lewer ‘n uitstekende vertolking as ‘n ou vrou wat aan Alzheimers ly, terwyl Marius Weyers en veral Antoinette Louw, een van ons voorste jong aktrises, en Stian Bam uithaal en wys. DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER sal dalk nie in almal, veral in hierdie moderne era, se smaak val nie, maar verdien om gesien te word.

DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER
DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 31)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?