Nou op die lug

Naweektjil

22:30-23:59

Interaktief

21 BRIDGES

21 BRIDGES
LVD
21 BRIDGES
Datum uitgereik: Vrydag 29 November 2019
Regisseur: Brian Kirk

Gradering: 7

Daar is 21 brûe wat Manhattan-eiland met die res van New York verbind. Wanneer ‘n dwelmsmokkel-transaksie skeefloop, slaan die polisie toe en jaag die twee skuldiges tot die uiterste. Die jaagtog herinner aan The French Connection op ‘n trein. Dit is hardebaard-staalwol vermaak waarin Chadwick Boseman, wat die rol van die slim speurder vertolk, alles in die stryd werp om die skuldiges en polisiekorrupsie, te ontmasker.

Jy kan gerus geld hierop uitgee, want alhoewel die aksie en jaagtogte blitsvinnig beweeg, bly ons in die speurder se kop en sien die ondersoek uit sy oogpunt. Die aksie is nie superheld-oordadig nie, maar bly realisties en maklik om te volg. Dit is professioneel vermaaklik. 21 BRIDGES boei, verras jou, en hou jou vasgenael.

21 BRIDGES
21 BRIDGES
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 3)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?