Nou op die lug

Spitstyd

15:00-18:00

Interaktief

PAIN AND GLORY (DOLOR Y GLORIA)

PAIN AND GLORY (DOLOR Y GLORIA)
LND
PAIN AND GLORY (DOLOR Y GLORIA)
Datum uitgereik: Vrydag 6 Desember 2019
Regisseur: Pedro Almodóvar

Gradering: 10

Pedro Almodóvar se PAIN AND GLORY (Dolor y gloria) is die beste rolprent van 2019. Ek moet waarsku: dit is ‘n kunsrolprent wat op ‘n uitgelese gehoor gerig is en bevat naaktheid. Dit gaan oor ‘n eksentrieke rolprentregisseur, ‘n semi-biografiese pedro Almodóvar, wat na 32 jaar vrede maak met ‘n oudminnaar en akteur wat hom destyds verraai het. Maar die grootste kuns word uit pyn gebore, en die regisseur herleef sy geskiedenis terwyl hy in pyn verkeer. Hy vind genesing deur ‘n film hieroor te maak, en herleef sy kinderdae, sy geliefde ma en die bewuswording van begeerte - elemente wat briljant in PAIN AND GLORY (Dolor y gloria) weergegee word. Dit is meer intiem en bedaard as Almodóvar se vorige rolprente, en kry 10/10 as die jaar te beste rolprent.

PAIN AND GLORY (DOLOR Y GLORIA)
PAIN AND GLORY (DOLOR Y GLORIA)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 24)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?