Nou op die lug

U eie Keuse

20:00-21:00

Interaktief

LES MISÉRABLES

LES MISÉRABLES
LVP
LES MISÉRABLES
Datum uitgereik: Vrydag 17 Januarie 2020
Regisseur: Ladj Ly

Gradering: 9

LES MISÉRABLES moenie verwar word met die vele rolprent- of verhoogweergawes van Victor Hugo se klassieke roman nie. Al waarmee dit ooreenstem, is dat dit in dieselfde voorstad, Montfermeil afspeel. Drie brawe Franse polisiemanne infiltreer ‘n verbode gebied, wat beheer word deur straatkinders en jong melkbaardbendes. Van die polisiemanne misbruik hul mag en pers ook die kinders af. Maar wanneer ‘n leeuwelpie gesteel word, bars die duiwel in dwelmland los en ontaard die stryd later in ‘n volskaalse oorlog tussen straatkinders en drie polisiemanne.

Regisseur Ladj Ly wys die brutale, ontmensde geveg tussen desperate straatbendes en die polisie soos jy nog nooit gesien het nie. ‘n Mens is fisies nie in staat om ná die geveg uit jou stoel op te staan nie. Wees dus gewaarsku, al kry LES MISÉRABLES 9 uit 10, en mag dit dalk die Oscar wen as beste buitelandse rolprent, en al wys dit in kunsteaters, is dit grusaam maar waar, en onthutsend realisties. Jy het nog nooit iets soos hiérdie weergawe van LES MISÉRABLES gesien nie.

LES MISÉRABLES
LES MISÉRABLES
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?