Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

THE GRUDGE

THE GRUDGE
LV
THE GRUDGE
Datum uitgereik: Vrydag 17 Januarie 2020
Regisseur: Nicolas Pesce

Gradering: 5

THE GRUDGE het omtrent soveel kans om vir ‘n Oscar benoem te word as vir alle verkeersligte in ons land om te werk. Dis ‘n nuwe weergawe van ‘n Japannese rolprent, en daar is enkele grusame en vreesaanjaende tonele, maar nie genoeg om R80 daarop uit te gee nie. Dit gaan oor ‘n huis wat vervloek is. Wanneer ‘n ondersoekbeampte haar daarin begewe om moorde op te los, heg ‘n bose entiteit aan haar vas en terroriseer die arme vrou, en ons, vir 90 minute.

As jy lus is vir ‘n lekker goedkoop riller, en jy wil nie dink nie maar net laaglê, sal jy dalk in jou springmielies stik wanneer ‘n vrou haar gesig in koue water was en ‘n entiteit agter haar beweeg. Daar is vele gesigwastonele in die fliek, maar dit sal beslis nie op enige top 20 van mees skrikwekkende rolprente van alle tye verskyn nie. THE GRUDGE is ‘n gemaklike, inspanninglose poging tot ‘n riller.

THE GRUDGE
THE GRUDGE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 0)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?