Nou op die lug

Naweektjil

23:10-23:59

Interaktief

I STILL BELIEVE

I STILL BELIEVE
PG
I STILL BELIEVE
Datum uitgereik: Vrydag 20 Maart 2020

Gradering: 7

I STILL BELIEVE is ‘n rolprent met ‘n stewige godsdienstige aanslag. Dit is gegrond op die ware verhaal van die gospelsanger Jeremy Camp, hier gespeel deur die energieke en sjarmante K.J. Apa. Met net sy kitaar, ‘n wonderlike vermetele waagmoed en talent, probeer hy om ‘n eie musiek- en sangloopbaan te begin. Hy raak hy verlief op die pragtige Melissa, vertolk deur Britt Robertson. ‘n Mens wil nie te veel verklap nie, maar nadat ‘n tragedie die egpaar tref, word Jeremy se geloof tot die uiterste beproef.

Hy staan uit diepe droefenis op en begin weer gospelliedjies skryf. Hy poog om met sy lewe voort te gaan, en die rolprent bring hulde aan hom en sy geloof asook die krag van gebed. Die fliek is natuurlik bietjie sentimenteel met pragtige musiek en redelike verglansde kinematografie, maar natuurlik is dit te  verwagte, want dit is die aard van ‘n gospelrolprent soos hierdie.

Soms raak dit bietjie erg, maar mense wat na I STILL BELIEVE gaan kyk, weet wat om te verwag en dit word sterk vir hulle aanbeveel. Ook vir diegene wat na ‘n suiwerskoon rolprent soek met absoluut niks wat enigiemand kan aanstoot gee nie. K.J. Apa lewer pragtige energieke spel, en so ook die ander spelers. I STILL BELIEVE word aanbeveel as jy voel jy wil bietjie uit die huis kom en iets anders doen as voor die televisie sit, terwyl so min mense tans uitgaan.

I STILL BELIEVE
I STILL BELIEVE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 2)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?