Nou op die lug

driesestig

12:00-13:00

Interaktief

RAGNAROK (TV-REEKS / NETFLIX)

RAGNAROK (TV-REEKS / NETFLIX)
RAGNAROK (TV-REEKS / NETFLIX)
Datum uitgereik: Vrydag 22 Mei 2020

Gradering: 8

Jy moenie RAGNAROK, in Noorweegs met Engelse byskrifte, verwar met die Chris Hemsdworth se rolprent, Thor: Ragnarok, nie, al het die inkennige held ook ‘n hamer wat hy ver kan gooi. ‘n Dorpie in Noorweë word deur fabrieke se besoedeling bedreig, maar meer nog deur ‘n bose familie wat skynbaar uit die Noorse mitologie stam. Dit kos Thor, net in ‘n skoolseun-gedaante, om hierdie euwels uit te wis.

Jy moet nogal jou gedagtes bymekaarhou en jou I.K. met ‘n skokstok bykom om sin hieruit te maak. Dis nie sommer ‘n flip-vinnig-deur-die-TV-kanale-na-die volgende-reeks-storie nie, maar ‘n swaarwigtige, donker produksie wat heeltemal anders is. Jy sal meer van die Noorse kultuur leer as wat jy verwag. Dis geen gewone storie nie. Die kinematografie van die slaperige Noorse dorpie is misleidend rustig, want onder draai ‘n hele paar duiwels uit die mitologie rond. Skilderagtig word opsienbarend listig. RAGNAROK mag jou heeltemal onkant betrap, maar jou breinselle lekker stimuleer.

RAGNAROK (TV-REEKS / NETFLIX)
RAGNAROK (TV-REEKS / NETFLIX)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?