As jy nie hierdie nuusbrief kan lees nie, klik hier
Header Luister
Nuusbrief 30 Woensdag 12 Oktober 2011
  Hallo [name],

Hier is RSG se jongste elektroniese nuusbrief propvol interessante nuus!

As jy nie meer hierdie nuusbrief wil ontvang nie, klik op die skakel heelonder aan die nuusbrief.

 
 
ALLES EN NOG WAT...
Alles en nog wat...

...van Magdaleen Krüger se lessenaar:

Dit gaan goed met jou stasie. Die luistersyfer lyk goed op 1,86 miljoen luisteraars en ons het die afgelope twee maande die inkomsteteiken oorskry. Dankie aan al ons gewaardeerde kliënte, medewerkers en luisteraarsvriende wat dit moontlik gemaak het. Ja, daar is soms programme waarvan almal nie altyd hou nie, maar ons probeer voortdurend om darem so deur die loop van elke dag vir almal, of dan nou amper almal, gelukkig te maak.

Die suksesvolle Hersiening 2011 is weer op die lug. Hierdeur probeer ons RSG se matriekluisteraars en hul ouers en onderwysers so ‘n bietjie help in die voorbereiding vir die matriekeindeksamen wat op Maandag 17 Oktober begin. Ek en al die ander personeel en omroepers van RSG wens alle matrieks sterkte toe. Go for it en sluit julle 12-jaar skoolloopbaan op ‘n hoë noot af. Ons dink aan julle.

RSG gaan vanjaar weer ‘n oujaarskonsert opneem vir uitsending, maar hierdie keer gaan ons ook ‘n oukersaandkonsert opneem vir uitsending. Luister gereeld na RSG vir aankondigings hieroor, sodat jy die opnames kan kom bywoon. Dan is daar ook die drie oorsese toere vir RSG-luisteraars wat voorlê. ‘n Toer na Egipte saam met Johan Rademan, ‘n oujaarstoer na Europa saam met Ian Loslip Wessels en dan vroeg volgende jaar ‘n musiektoer saam met die sjarmante jongeheer Willem Pelser. Gaan na RSG se webtuiste vir meer besonderhede.

Die jaar snel nou vinnig voort, maar daar is nog ‘n paar buite-uitsendings wat voorlê. Lynette Francis gaan Praat Saam uitsaai van George en Port Elizabeth af. Christine Wessels en Ivor Price gaan van ‘n kinderhuis in die Wes-Kaap af uitsaai en Derrich Brêkfis Gardner gaan Lady Grey toe vir ‘n buite-uitsending.

Mooi bly & vrede
Magdaleen


IN ‘N OOGWINK...
In ‘n oogwink...

‘n Elektriese kortsluiting... en binne ‘n oogwink is twee vertrekke met inhoud en al verwoes. Dis die drama wat hom verlede week by RSG-aanbieder en -nuusleser Mariëtta Kruger se huis in Johannesburg afgespeel het.

Mariëtta was in die huis toe sy onraad vermoed het. By nadere ondersoek vind sy uit haar studeerkamer is in vlamme en die brand is besig om na ‘n ander vertrek te versprei. Mariëtta, ‘n groot hondeliefhebber, kon daarin slaag om haar 3 geliefde honde van die vlamme te red, maar die katjie het ongelukkig versmoor.

Mariëtta sê van haar persoonlikste dinge het in die slag gebly soos haar rekenaar met al haar dokumente en korrespondensie, haar foto-albums, 'n groot boekversameling, 'n waardevolle kontakteboekie en meubels met sterk sentimentele waarde. Die res van die huis en inhoud het erge rook- en waterskade opgedoen en Mariëtta sê dit sal sowat 4 tot 5 maade neem om die huis te herstel. Sy en haar huismense bly intussen by vriende.

Sy sê die een ding wat mens uit so ‘n ervaring leer, is om weer te dink oor wat werklik die belangrikste is… en dit is die lewe self.

(Foto : Beeld)


BEWEEG SA!
BEWEEG SA!

Suid-Afrikaanse kinders, mans en vroue is te oorgewig en beweeg te min. BEWEEG SA! wil probeer om mense te help om ‘n gesonder leefstyl aan te kweek… een van reg eet en oefen. RSG, SARIE & HEALTH24 gaan 'n gesamentlike poging aanwend om dit te doen!

Die projek bestaan uit drie 3 fases:
Oktober & November: Oefenprogram & reg eet verskyn in Sarie en op Health24 se webblad.
Desember: instandhouding oor die vakansietyd.
Januarie & Februarie: oefenprogram & regeet verskyn in Sarie en op Health24 se webblad.

Luister gereeld na Oggend op RSG en Tjailatyd vir motiverende onderhoude en inligting oor die projek.

Die inskrywingsvorm is op Health24 se webblad. Die reëls & prosedures is ook daar.


RSG DIE EERSTE KEER OP STEINKOPF
RSG die eerste keer op Steinkopf

deur Martelize Brink

Ek het September afgesluit op die lang pad na die Ini !Huntas Kuierfees op Steinkopf in die Noord-Kaap. Die pad het my gelei deur interessante plekke van Garies tot Kammieskroon met sy mooi kerkie. 'n Salige nag met die heerlike stilte van Springbok het my voorberei vir die lekker kuier die volgende dag op Steinkopf.

Luisteraars het van heinde en verre gekom, van Nababeep en selfs Kaapstad om saam te kuier. Ná 'n hartlike verwelkoming, het ek, Johnny Davids en die RSG-luisteraars die streek leer ken en meer uitgevind oor die dorp, sy mense en stories van die weer wat selfs die dood kan voorspel!

Daar was 'n pragtige perdeskou, rieldansers en natuurlik 'n braai wat skrik vir niks met veerligte roosterkoeke wat my mond nou weer laat water. 'n Ervaring waarin ons hopelik volgende jaar weer kan deel. Dankie Steinkopf!


PLAASLIKE OPERA OP CD
Plaaslike opera op CD

Enig in sy soort en ‘n RSG-inisiatief. Dis die unieke RSG Opera SA CD wat pas verskyn het. Sommige operakenners sê hierdie gaan nog ‘n versamelaarsitem word. RSG het vir Wouter de Wet, samesteller en aanbieder van Dis Opera op RSG, gevra om saam met Next Music ‘n dubbel-CD saam te stel met net Suid-Afrikaanse operasangers wat hier te lande en in die buiteland presteer of presteer het. Dit was nie so ‘n maklike proses nie, want daar moes ‘n keuse gemaak word wat darem min of meer ons Suid-Afrikaanse operatalent oor die jare weerspieël. Maar laat Wouter self verder vertel...

"Om Opera SA saam te stel, was ‘n liefdestaak. Lekker, want om na talle opnames van geliefde sangers te luister is altyd ‘n voorreg. Aangenaam om in die argief te gaan vroetel om uit te vind wat beskikbaar is. En dan baie lekker as jy op opnames afkom waarvan jy vergeet het, of wat jy nie eens geweet het bestaan nie.

"En dan die moeilike deel: om te besluit wat by die samestelling ingesluit moet word… en wat nie. Dikwels was daar interessante opnames, wat helaas (vanuit ‘n tegniese oogpunt) nie goed genoeg was nie en wat nie die sanger se naam en reputasie gestand sou doen nie.

"Ek dink dis nogal verbasend waarop ek afgekom het – die legendariese Cecilia Wessels se Liebestod uit Tristan und Isolde, Doris Brasch se Herodiade-aria van Massenet, Dawie Couzyn as Mozart se Figaro, Mimi Coertse en Werner Nel se veelgeroemde Arabella-duet, en opnames nog nie voorheen kommersieel uitgereik is nie, soos Sibongile Khumalo se Stride la Vampa uit Il Trovatore (Verdi).

"As ‘n mens terugsit en kyk na alles wat op Opera SA verskyn, is jy eintlik verbaas. Is al hierdie wonderlike sangers Suid-Afrikaners? En almal het ‘n groot bydrae gelewer om opera in Suid-Afrika lewendig te hou en gerespekteerd te maak. Of dit nou Onse Mimi is wat ‘n ster aan die Weense Staatsopera geword het – of Michelle Breedt wat aan die Bayreuth Festspiele deelneem - of die voortreflike pioniers van die Eaon-sangers van die Kaap wat opera in ‘n taal gesing het wat hulle waarkynlik nie verstaan het nie – hulle was fantasties!

"Ons prys en vereer hulle in Opera SA."


SA TOP 20 - 8 OKTOBER 2011
Suid-Afrika se enigste amptelike Top 20 is eksklusief aan RSG. Luister elke Saterdag van 13:00 tot 14:00 na snitte speel van die afgelope week se topverkoper CD's.

Zahara Loliwe
Verskeie Kunstenaars Rugby is groot
Adele 21 - Musica Exclusive
Verskeie Kunstenaars Hey Bokke Rugby Album
Verskeie Kunstenaars Now That's What I Call Music 58
FLIEKRUBRIEK  
THE HELP THE HELP
Datum Uitgereik: Vrydag 7 Oktober 2011

THE HELP is een van die beste rolprente van die jaar wat ek ten sterkste aanbeveel. Dit het honderde-miljoene dollar in Amerika verdien en het, onverwags, weke lank koning gekraai by die loket. Dit is die ware verhaal van ʼn straatwys joernalis, briljant gespeel deur Emma Stone, wat in die jare 60 in die siep suide van Amerika sien hoe vroue hulle huishulpe misbruik. Verwaandheid en rassisme ...



Meer

GRADERING UIT 10:

RESEPTE  
Sandra se bokgesondheid Sandra se bokgesondheid
Maandag 10 Oktober 2011

Metode

Sny slaai en spinasieblare in repies.
Plaas onder in bak met sprietuie.
Plaas die res in lae in bak, met die pietersielie en gekrummelde fetakaas bo-op.
Jy kan self besluit oor die hoeveelhede en met jou eie slaaisous bedien.



Meer

GRADERING UIT 10:
SPORTSKEDULE  
15 Oktober   Wallis teen Frankryk
Węreldbeker
10:00

Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland
Wêreldbeker
15 Oktober   Cheetahs teen Griekwas
Curriebeker Premierliga
15:00

Vodacompark, Bloemfontein
Curriebeker Premierliga
16 Oktober   Australië teen Nieu-Seeland
Węreldbeker
10:00

Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland
Wêreldbeker


 
Bepaling en Voorwaardes | ©2011 | RSG is 'n Openbare Diens Radiostasie van die SABC   
   
Kanselleer subskripsie