 |
| Nuusverklarings |
 |
|

|
Woensdag, 18 Augustus 2010
SA SE EIE STERRE SKITTER IN DIS OPERA
Dis Opera, wat elke Sondagaand tussen negeuur en skuins voor middernag op RSG uitgesaai word, beloof om op 29 Augustus ‘n baie spesiale program te wees. Die program word in sy geheel aan Suid-Afrikaanse sangers gewy – sangers wat in die verlede op internasionale verhoë geskitter het, en ander wat tuis die fakkel trots gedra het.
Aflaaibare dokument
AUG 2010 RENZI.doc (35KB)
|

|
Sondag, 15 Augustus 2010
FRANCIS LEI PRAAT SAAM OP RSG
Die uitmuntende joernalis Lynette Francis is die nuwe aanbieder van PRAAT SAAM op RSG. Sy volg die bekwame Freek Robinson op wat hom onlangs by ‘n nuwe Afrikaanse TV-nuuskanaal aangesluit het.
Aflaaibare dokument
AUG 10 FRANCIS LEI PRAAT SAAM OP RSG.doc (33KB)
|

|
Woensdag, 2 Junie 2010
DRIE VAN RSG NA e-tv
RSG het aangekondig dat drie van die stasie se aanbieders hulle van Julie af by die nuwe Afrikaanse TV-nuusprogram van e-tv aansluit.
Aflaaibare dokument
RSG AANBIEDERS NA ETV 2 JUNIE 2010.doc (144KB)
|

|
Maandag, 1 Maart 2010
PROGRAMVERANDERINGS
Van begin April af is daar ‘n paar programveranderinge op RSG se uitsaaiskedule en die gewilde operaprogram, Dis Opera, kry ‘n nuwe aanbieder.
Aflaaibare dokument
MAART 1 PROGRAMVERANDERINGE OP RSG.doc (36KB)
|

|
Vrydag, 12 Februarie 2010
RSG EN SANLAM BEKROON WENDRAMAS
Die 2009-wenners van RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie is in Johannesburg bekroon en terselfdertyd is die kompetisie vir 2010 van stapel gestuur.
Aflaaibare dokument
RSG2010.doc (26KB)
|

|
Dinsdag, 2 Februarie 2010
RSG HELP JOU MET ‘N KOPSKUIF
Op Woensdag 3 Februarie 2010 begin ‘n grondverskuiwende program vir 55 plussers op RSG.
Aflaaibare dokument
FEB 03 KOPSKUIF.doc (61KB)
|

|
Vrydag, 27 November 2009
KEUR VAN KORTVERHALE NOU OOK OP RSG
Laat die kind in jou wakker word met RSG wat vir jou ‘n storie lees voordat jy gaan slaap. Weliswaar nou nie ‘n slaaptydstorie nie, maar van die beste kortverhale deur ons Suid-Afrikaanse skrywers.
Aflaaibare dokument
27 NOV 09 KORT VERHALE OP RSG.doc (59KB)
|

|
Maandag, 23 November 2009
DIE NAAIMASJIEN OP RSG
RSG gaan Rachelle Greeff se pryswennende drama Die naaimasjien uitsaai.
Foto's

Johan Rademan (regisseur) en Allan Rabey (klankingenieur) besig met naproduksie van die radiodrama DIE NAAIMASJIEN
|
|

Sandra Prinsloo in die verhoogproduksie van DIE NAAIMASJIEN
|
Aflaaibare dokument
23 Nov 09 Naaimasjien op RSG.doc (52KB)
|

|
Woensdag, 28 Oktober 2009
UNIEKE BLUES-OPNAME OP RSG
‘n Blues-opname wat in ‘n tronk gemaak is, met ‘n naaimasjien as ritmehouer, is eersdaags op RSG te hoor.
Aflaaibare dokument
28 Okt 09 blues op rsg.doc (55KB)
|

|
Woensdag, 21 Oktober 2009
SUID-AFRIKAANSE MEZZO-SOPRAAN SING VIR DIE POUS
Dis nie aldag dat ‘n Suid-Afrikaner persoonlik genooi word om die Vatikaan te besoek nie! Die eer het die internasionaal-beroemde Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan Michelle Breedt te beurt geval toe sy onlangs deur die Pous genooi is om by 'n geleentheid in die Vatikaan vir hom te kom sing.
Aflaaibare dokument
21 Oktober 09 Michelle en Pous op RSG.doc (25KB)
|
|
|
|
Praat Saam
Dinsdag, 7 September
08:00-09:00
Wat is die omvang van mensehandel? Is die wetgewing -toepassing voldoende om die problem te bestry?
|
|
Loslip
Dinsdag, 7 September
14:00-14:45
Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter?
|
|
Poen en Toekie
Dinsdag, 7 September
19:15-19:20
Poen leer waarom dit belangrik is dat die wind waai. Hy gaan soek sy vlieër.
|
|
Leeskring
Dinsdag, 7 September
20:30-21:00
Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, MAAL.
|
|
RSG Kuns
Dinsdag, 7 September
21:00-22:00
André du Toit vertel van die Petersburg-kwartet se besoek aan Suid-Afrika.
|
|
Die legende leef voort
Dinsdag, 7 September
22:30-23:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.
|
|
Kortom
Dinsdag, 7 September
23:00-23:30
Paul Lukchoff lees Christiaan Bakkes se VETERAAN 2 & Petra Muller lees haar kortverhaal, GOUDPAPIER.
|
|
Loslip
Woensdag, 8 September
14:00-14:45
'n Luisteraar vra hoekom kinders so dikwels makliker raad van ander mense as van hulle ouers aanvaar.
|
|
Middagvervolgverhaal
Woensdag, 8 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 1: Direkteur Harry Walker teiken die Medprogebou in Pretoria omdat hy glo dis vandaar wat ‘n dwelmsindikaat sy bedrywighede bedryf. Agent Amor Truter sorg dat sy as sekretaresse by die vennote Tom Hattingh en Dick Nolte binne Medpro aangestel word. Sy beland dadelik in ‘n byenes.
|
|
Poen en Toekie
Woensdag, 8 September
19:15-19:20
Dis Apteekweek, en daarom besluit Bennie se ma en Toekie om te kyk of hulle medisynekassies nog genoeg van die nodige medisyne in het.
|
|
Loslip
Donderdag, 9 September
14:00-14:45
Dwarsdeur die geskiedenis was daar organisasies waarvan 'n mens bewus was, sonder om werklik te weet wat presies hulle doelwitte is. Party word bedryf onder die vaandel van 'n edel doel, soos liefdadigheid, terwyl dit eintlik 'n front is vir iets anders.
|
|
Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.
|
|
Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.
|
|
RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass. Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.
|
|
Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?
|
| |
|