Nuwe skoolganery
Datum:
7 Mei 2020
Sender:
Anelize van Biiljon
Kategorie:
Mense
Gesien:
1056
Gradering:

Nuwe skoolganery

Ons kleindogter was by ons toe die inperking in werking getree het en hulle skool bied die klasse aanlyn aan. Sy is in graad 1 en geniet dit vreeslik. Die kleintjies het die hele stelsel baie vinnig baasgeraak (ek dink hulle word met 'n elektroniese geen gebore). Ek dink die onderwyseresse werk baie hard om al die dinge vlot te laat verloop!