Onderwyseres Margaret Cloete van Springbok
Datum:
9 Januarie 2020
Sender:
Veronique van Heyningen-Pieterse
Kategorie:
Mense
Gesien:
826
Gradering:

Onderwyseres Margaret Cloete van Springbok

Daar is groot opgewondenheid op Springbok oor die matriekuitslae van die Namakwadistrik in Namakwaland. Dié distrik in die Noord-Kaap het die beste matriekuitslae in die provinsie. Almal van die onderwysdepartement tot onderwysers, ouers en nieregeringsorganisasies het ‘n groot rol gespeel om hierdie sukses te behaal. Dit is veral die storie van Juffrou Margaret Cloete wat treffend en hartroerend is. Dit laat ‘n mens besef dat daar wel mense is wat bereid is om dieper te delf om sukses te behaal. Juffrou Margeret Cloete van Bergsig Senior Sekondêre Skool op Springbok het haar bed letterlik in die skool gemaak om vir die matrikulante met huishoudelike uitdagings hulp te bied. “Ek slaap al vir die tweede week met my matrieks by die skool. Hulle omstandighede is so dat hulle nie by hulle huis kan studeer nie. Baie het maar min kos. Ek geniet dit om kos vir hulle te maak sodat hulle net kan leer en uit hulle omstandighede kan uitstyg. Daar was aanvanklik teenkanting, maar ek het deurgedruk”. Sy het matrasse bymekaar gemaak en sodoende kon die leerders by die skool slaap.