RSG-Beeld-Kinderfondsprojek
Datum:
27 November 2019
Sender:
Louise Jooste
Kategorie:
Algemeen
Gesien:
530
Gradering:

RSG-Beeld-Kinderfondsprojek

Angelique van der Westhuizen, trotse nuwe eienaar van n Kia Picanto wat sy in die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek gewen het. Die fonds wil graag dankie s aan almal wat deelgeneem het aan die projek oor die afgelope 5 maande. Die totaal wat ingesamel is, is R729,245. Dit stel die Kinderfonds in staat om 5 ontwikkelingsprojekte te ondersteun. Die hulp behels onder meer dat getraumatiseerde kinders terapie kan ontvang, kleuters uit arm gesinne 'n kleuterskool kan bywoon, hawelose jongmense by tuistes soos Echo Jeugsorg geakkomodeer kan word, hul skoolopleiding kan voltooi en kinders in kinderhuise op uitstappies kan gaan en voorberei kan word vir die volwasse lewe. Die projek is moontlik gemaak deur die wonderlike ondersteuning van KIA motors Suid-Afrika, RSG en Beeld.