NOU OP DIE LUG
PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.
MEER INLIGTINGGehoor Op Lug
Hier kan jy inligting kry oor iets wat jy op RSG gehoor het. As jy nie die inligting kry wat jy soek nie, klik hier, kies PROGRAMNAVRAE as die onderwerp en ons sal probeer om jou te help.
-
Woensdag 22 Februarie 2012
Laataandmeditasie
23:55-23:59'n Laataandboodskap van bemoediging uit die Bybel ná die dag se gewoel.
Dr. Henri Weideman van die AGS Belville.
Laai die mp3 af (3 179KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Dis Klassiek
met Tharien Oosthuizen 22:00-23:0022 Februarie is die verjaardag van die komponiste Niels Gade en Frederic Chopin. Felix Mendelssohn het ’n groot invloed op albei se werk gehad. Hy het Gade se eerste simfonie die eerste keer gedirigeer, en Chopin beskryf Mendelssohn as die volmaakte komponis. Luister na die Hamlet Overture opus 37 van Gade en Steven de Groote se weergawe van die Klavierkonsert no. 1 in E mineur opus 11 van Chopin.
-
Woensdag 22 Februarie 2012
Rekenaarrubriek
met Fakir Hassen 20:45-21:00Antwoord op vraag van 15 Februarie 2012
Wat is mojibake?
Nee, dit het niks met bak of gebak te doen nie. Mojibake is ‘n Japannese woord wat character changing beteken. Die woord word gebruik om die deurmekaar karakters (garbage) te beskryf wat verskyn wanneer mens probeer om internasianale karakter stelle (character sets) deur die verkeerde enkodering/dekodering-sagteware te vertoon. Dit gebeur dikwels wanneer nie-Latynse gebruikers soos byvoorbeeld Japannese ‘n dokument, webblad of e-pos oopmaak wat nie die korrekte dekodering gebruik nie.Karakter enkodering is wanneer een stel karakter (letters, syfers en simbole) in ‘n ander stel karakters vertaal word en die vertaalde of enkodeerde karakters dan vertoon word. ‘n Mens kan byvoorbeeld dink aan Morsekode of Braille, wat ook ‘n tipe van ‘n enkoderingstelsel is. Die Braille in ‘n boek verteenwoordig letters en syfers van die ander stel karakters. Indien die Braille te veel of te min kolletjies bevat, kan dit ook nie vertaal word nie omdat dit nie ooreenstem met die ander karakterstel nie.
Die algemeenste karakterstel wat ons ken is ASCII wat 128 karakters definieer, insluitend die letters en syfers wat algemeen gebruik word, en nog ‘n karakterstel is Unicode. Die probleem is baie algemeen in Japan, soveel so dat hul selfs ‘n klein prentjie met die woord mojibake op webwerwe vertoon wat skakels bevat om verkeerde dekodering reg te stel.
Webwerf van die week
Lees meer oor mojibake by http://en.wikipedia.org/wiki/Mojibake en http://revealingerrors.com/mojibake.Johan Visser het e-pos gestuur om ons in te lig dat ‘n nuwe weergawe van WSpel beskikbaar is:
WSpel weergawe 12, is die gratis Afrikaanse speltoetser vir MS Office 2000, XP, 2003, 2007 en 2010. Met meer as 495 000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis en kan afgelaai word by www.wspel.co.za. WSpel is die eerste en tot dusvêr die enigste speltoetser in die wêreld wat alle skryftekens, wat in Afrikaans gebruik word, outomaties op woorde plaas. (Uitgesonderd natuurlik in gevalle waar daar wel ’n keuse bestaan soos in name en vanne). WSpel sal veral anglisistiese woorde en frases en swak Afrikaans onmiddellik vervang met die korrekte Afrikaanse woord of frase, byvoorbeeld huidiglik verander na tans. Baie grammatikale hulp word verskaf. WSpel ken die onderskeid tussen baie sinsnedes soos byvoorbeeld bleik/blyk, grote/grootte, ens. Omdat dit self-korrigerend is, kan mens tyd spaar deur vinnig te tik sonder hoofletters, afkappingstekens, koppeltekens, afkortings ensomeer, want WSpel sal dit regmaak soos jy tik. Volledige inligting op die webwerf beskikbaar asook hulp met installasie.Jan Mostert vra vir sagteware wat kan bepaal hoeveel bandwydte jy al gebruik het:
Gebruik byvoorbeeld Networx om bandwydte te monitor, meer inligting by www.tipsblogger.com/2010/05/best-free-broadband-bandwidth-usage-monitoring-software-for-windows-networx/. Nog inligting (asook ander programme) by www.makeuseof.com/tag/have-you-ever-wondered-how-much-bandwidth-you-use-windows/.Wenk van die week
Evernote:
Vergemaklik die byhou van inligting tussen verskeie toestelle soos slimfone, tablet rekenaars, skootrekenaars en tafelrekenaars. Dit sinkroniseer outomaties tussen toestelle, dus kan mens nie notas by die werk vergeet nie. Dit is maklik om te organiseer, te tag, maklik om inligting te deel met ander en mens kan selfs handgeskrewe notas skandeer en daarop sit. Evernote bedieners het OCR sagteware op. Absoluut ideaal vir navorsingsdoeleindes. Kry dit by www.evernote.com.Vraag van die week
Wat is Facebook Timeline?Fakir Hassen, Paul Grobler en Adie van Rensburg neem jou op 'n reis deur die wêreld van die rekenaar.
Laai die mp3 af (9 067KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Pixel
met Hennie Maas 20:30-20:45Die sagteware wat deesdae beskikbaar is vir fotograwe maak baie dinge moontlik. Een daarvan is die sogenaamde stik van ‘n foto. As die kamera nie die moontlikheid het nie, kan mens die stikwerk op ‘n rekenaar doen. Hennie Maas en Hedrus van der Merwe het ook raad oor die grootte van die lens wat mens moet aanskaf.
Die sagteware wat deesdae beskikbaar is vir fotograwe maak baie dinge moontlik. Een daarvan is die sogenaamde stik van ‘n foto. As die kamera nie die moontlikheid het nie, kan mens die stikwerk op ‘n rekenaar doen. Hennie Maas en Hedrus van der Merwe het ook raad oor die grootte van die lens wat mens moet aanskaf.
Laai die mp3 af (8 291KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Befonk
met Christine Wessels 20:00-20:30Christine Wessels gesels met die skrywer van die jeugromans VAT ‘N GAP en MIEKE ROCK UIT, Jana du Plessis, en die skrywer en akteur, Martin Venter, oor hulle eerste teaterproduksie TRAPPE VAN VERGELYKING. Dan vertel die sanger en liedjieskrywer, Luna Paige, van haar eerste Afrikaanse musiekprojek.
Christine Wessels gesels met die skrywer van die jeugromans VAT ‘N GAP en MIEKE ROCK UIT, Jana du Plessis, en die skrywer en akteur, Martin Venter, oor hulle eerste teaterproduksie TRAPPE VAN VERGELYKING. Dan vertel die sanger en liedjieskrywer, Luna Paige, van haar eerste Afrikaanse musiekprojek.
Laai die mp3 af (16 874KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Poen en Toekie
19:15-19:20Toekie vra Poen meer as een keer om sy tekkies te bêre.
Toekie vra Poen meer as een keer om sy tekkies te bêre.
Laai die mp3 af (3 531KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Aandmeditasie
19:05-19:10‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap.
Dr. Chris Jones van Stellenbosch.
Laai die mp3 af (3 310KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Tjailatyd
met Amore Bekker 16:15-17:00'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, weervoorspellings en interessante gesprekke oor gebeure in jou omgewing. Op-en-wakker musiek kry jou in 'n japtrap by die huis.
Wat is nuut in die groen wêreld?
Laai die mp3 af (4 290KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Middagvervolgverhaal
16:00-16:15SEISOENE deur Charles J. Fourie
Regie: Eben Cruywagen.Episode 39: Pearl word verras wanneer Dirk Hoffman vir haar blomme bring en haar in die hospitaal besoek. Gillian konfronteer Sherman omdat hy vir haar gelieg het oor die geld wat hy uit die winkel se kasregister moes gaan bank het.
Pearl word verras wanneer Dirk Hoffman vir haar blomme bring en haar in die hospitaal besoek. Gillian konfronteer Sherman omdat hy vir haar gelieg het oor die geld wat hy uit die winkel se kasregister moes gaan bank het.
Laai die mp3 af (7 819KB) -
Woensdag 22 Februarie 2012
Spesiale uitsending
met Cobus Bester 13:45-16:00Regstreekse uitsending van die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede in die parlement in Kaapstad. Dit voorafgegaan en afgesluit met 'n ontleding van die begroting deur 'n span kenners.

