Interaktief
SMS:45889
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
- WhatsApp:
076-536-6961 - (slegs teks en stemboodskappe)
Gehoor Op Lug
Dis opera
met Charl van HeyningenLuister na ‘n paar 2019 Grammy-nominasies vir opera, waaronder George Bejamin se moderne opera, Lessons in Love and Violence, en Les Plaisirs de Versailles deur Marc-Antoine Charpentier. Verder luister ons na bekende en beminde arias en duette soos Die Perelvissers van Bizet en die Blommelied uit Carmen. Van die sangers wat gehoor sal word is Dmitri Hvorostovsky, Jonas Kaufmann en Anna Netrebko.
Finansiële Fokus
met Ryk van Niekerk'n Oorsig van die week se gebeure op die wêreld se finansiële markte.
Potgooi
'n Oorsig van die week se gebeure op die wêreld se finansiële markte.
Sterre en planete
met Hennie MaasWat sou gebeur as ‘n komeet op Tafelberg val? Dit is ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook ‘n gesprek oor die verskil tussen ‘n meteoor en ‘n komeet. Is daar ‘n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.
Potgooi
Wat sou gebeur as ‘n komeet op Tafelberg val? Dit is ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook ‘n gesprek oor die verskil tussen ‘n meteoor en ‘n komeet. Is daar ‘n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.
Fiks vir die lewe
met Flip LootsElkeen van ons het planne vir die huwelik, sport, ons studies, of om geld te maak, maar so baie van daardie planne verdwyn in die niet, word opgeskeur of afgepraat. Wat nou gemaak? Hoe kan ek kreatief uit die ashoop nuwe vlamme blaas en ander planne maak? Is dit moontlik?
Potgooi
Laat ons sing
met Chris MaasLuister na Carol of the Bells deur die Indigo-koor van Litoue, asook ‘n verwerking van die rolprent, Gladiator, se klankbaan.
Die avonture van Bibberbobbejaantjie
Bibber en Slungel help vir Trieks.
Potgooi
Bibber en Slungel help vir Trieks.
Leefwêreld van die gestremde
met Fanie du ToitFanie du Toit praat met dr. Reinette Weyers, ‘n ouer van ‘n kind wat met outisme gediagnoseer is. Sy deel die pad wat sy en haar gesin gestap het. Sy gee ook raad aan ander wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind.
Potgooi
Fanie du Toit praat met dr. Reinette Weyers, ‘n ouer van ‘n kind wat met outisme gediagnoseer is. Sy deel die pad wat sy en haar gesin gestap het. Sy gee ook raad aan ander wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind.
Rand en sent
met Olivia SamboOmelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor bedrog, en wat jy kan doen as jy vermoed dat iemand bedrog pleeg. En Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke om die feesseisoen te oorleef, betekenisvolle geskenke te gee, en te bespaar op jou kersinkopies.
Omelia Hartzenberg
omelia.hartzenberg@gepf.co.za
www.gepf.co.za
Carla Oberholzer
www.debtsafe.co.za
Potgooi
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor bedrog, en wat jy kan doen as jy vermoed dat iemand bedrog pleeg. En Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke om die feesseisoen te oorleef, betekenisvolle geskenke te gee, en te bespaar op jou kersinkopies.
Ons en die onderwys
met Johan van LillJohan van Lill praat met prof. Josef de Beer en prof. Neal Petersen van Noordwes-Univisersiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer oor die rol wat inheemse kennis in selfgerigte leer speel. Daar word tans heelwat geargumenteer dat tradisionele houers van inheemse kennis as goeie selfgerigte leerders beskou kan word, en inheemse kennis sou ook baie goed kon inpas by die Suid-Afrikaanse kurrikulum.
Potgooi
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en prof. Neal Petersen van Noordwes-Univisersiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer oor die rol wat inheemse kennis in selfgerigte leer speel. Daar word tans heelwat geargumenteer dat tradisionele houers van inheemse kennis as goeie selfgerigte leerders beskou kan word, en inheemse kennis sou ook baie goed kon inpas by die Suid-Afrikaanse kurrikulum.