Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Die skade wat Bell Pottinger aangerig het, is blywend
    Die skade wat Bell Pottinger aangerig het, is blywend
    Donderdag 13 September 2018

    'n Jaar gelede is die Britse openbare betrekkinge maatskappy, Bell Pottinger, onder administrasie geplaas na 'n skandaal as gevolg van sy verbintenis met die Gupta-familie en sy aktiwiteite in Suid Afrika. De maatskappy bestaan nie meer nie. Maar die gevolge van Bell Pottinger se aktiwiteite - oftewel sy nalatenskap van skade - duur ongelukkig nog voort. Gillian de Gouveia doen verslag

  • Mede-skrywer van "Bird Island"-boek se reaksie op Pauw resensie
    Mede-skrywer van "Bird Island"-boek se reaksie op Pauw resensie
    Maandag 10 September 2018

    Die mede-skrywer van die boek The boys of Bird Island, Chris Steyn, s sy het nie vir haar lesers weggesteek dat sy met n voormalige lid van die Burgerlike Samewerkingsburo getroud was nie. Steyn het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren ges ondersoekende joernalis Jacques Pauw het verskeie feite foute gemaak in sy resensie van di boek. Volgens haar het sy respek vir Pauw se joernalistieke vernuf, maar dat hy eers voor sy eie deur moet vee, voordat hy vir oorlede speurder Mark Minnie van slordige speurwerk aankla.

  • Kenners praat oor Wêreld Selfdoodvoorkomingsdag
    Kenners praat oor Wêreld Selfdoodvoorkomingsdag
    Maandag 10 September 2018

    Wreldwyd word daar vandag gefokus op die voorkoming van selfdood. Volgens die Suid-Afrikaanse Angs en Depressie Groep is daar in ons land elke dag 23 geslaagde selfmoorde en 460 pogings daartoe. Professor Alban Burke, hoof van die Sentrum vir Sielkunde-Voorligting aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Anita Visser oor die universiteit se nuwe program om jongmense te verhoed om hulle eie lewens te neem.

  • Transitorowers word meer astrant
    Transitorowers word meer astrant
    Vrydag 7 September 2018

    Die gebruik van plofstowwe in transito-rooftogte bekommer sowel die polisie as akademici. Sedert 1997, is kontant-in-transito-rooftogte deel van die alledaagse nuushooftrekke in Suid Afrika. Maar oor die laaste paar maande lyk dit of die rowers hulle werkswyse verander het en meer astrant begin raak. Gillian de Gouveia het die verslag saamgestel

  • Taal as 'n versoeningsmiddel tydens Erfenismaand
    Taal as 'n versoeningsmiddel tydens Erfenismaand
    Donderdag 6 September 2018

    September is Erfenismaand. In Suid-Afirka met sy elf amptelike tale, mag ons dalk politieke politieke en ekonomiese gebreke ly, Maar wat taal en kultuur betref het ons baie om ons mee besig te hou. 'n Nuwe taal maak n Nuwe wreld oop" is dan ook die credo van die 38-jarige Karien Brits, bestuurder van taal by die ATKV. Sy is onder meer betrokke by die MEERTALIGHEIDS projek in Soweto. Vir haar onderstreep dit dan ook die belangrikheid van taal as n versoeneningsmiddel. Anita Visser het met haar gepraat...

  • Melissa Kanguya word begrawe
    Melissa Kanguya word begrawe
    Maandag 3 September 2018

    Die gesin van die agt jarige, Melissa Kanguya van Platfontein net buite Kimberley, wil h haar moordenaars moet agter tralies sit. Kanguya is Saterdag begrawe, nadat sy vir 'n week vermis was. Sy is glo verkrag en aangerand. Fresto Mangumbu het die begrafnis bygewoon.

  • Lente is ook sinoniem met depressie
    Lente is ook sinoniem met depressie
    Maandag 3 September 2018

    Al word lente gewoonlik met blomme en vreugde vereenselwig - is di seisoensverandering ook sinoniem met depressie. 'n Psigiater verbonde aan die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep - SADAG - Dr Rykie Liebenberg het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren ges dat dit 'n baie besige tydperk vir sielkundiges en psigiaters. Volgens haar is "lig" en "vitamien D" altwee faktore wat 'n rol speel in depressie.

  • Die wet op bevoeghede is gewysig
    Die wet op bevoeghede is gewysig
    Maandag 3 September 2018

    Die Nasionale Vergadering het die wysiging op die wet op Bevoegdhede, Voorregte en Vrywaring aanvaar. Di wet bepaal wanneer en hoe 'n parlementslid, tydens 'n sitting of komitee vergadering verwyder moet word. Die wysiging volg op 'n beslissing deur die Konstitusionele hof dat artikel 11 van die wet ongrondwetlik is. Die artikel het toegelaat dat enige persoon wat ontwrigtend is verwyder en in hegtenis geneem kan word, wat ook lede van die parlement insluit. Zalene Merrington berig.

  • Honderde honde word elke week in Suid-Afrika vergiftig
    Honderde honde word elke week in Suid-Afrika vergiftig
    Woensdag 29 Augustus 2018

    Minstens 800 honde word elke week in Suid-Afrika met die verbode plaagdoder, Aldicarb, vergiftig. Dit is volgens die gifkenner, Gerhard Verdoorn, wat s die gif, wat algemeen bekend staan as Two Step of halipirim, is verantwoordelik vir ten minste honderd moorde per jaar in Johannesburg alleen. Jamaine Krige het na die strate gegaan om te sien hoe maklik hierdie gif beskikbaar is.

  • Storie oor gay man se selfaanvaarding-stryd in weermagkoor word by Silwerskermfees bekroon
    Storie oor gay man se selfaanvaarding-stryd in weermagkoor word by Silwerskermfees bekroon
    Woensdag 29 Augustus 2018

    Die storie van 'n jong gay troepie wat sukkel om sy seksualiteit te aanvaar (tydens sy diensplig in die tagtigerjare), - is as die beste rolprent by die Silwerskermfees aangewys. Regisseur Christiaan Olwagen, wat ook vantevore as beste regisseur by di fees bekroon is vir die fliek "Johnny is nie dood nie", is ook weereens met di eer beloon. Olwagen het by die fliek se Silwerskermfees-premire aan Anna-Marie JANSEN VAN VUUREN vertel waar "Kanarie" se inspirasie vandaan gekom het.