Nou op die lug

Deurnag (Donderdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • 'N BESOEK AAN DIE BARBERSHOP deur Jody Hendricks
    'N BESOEK AAN DIE BARBERSHOP deur Jody Hendricks
    Donderdag 19 Maart 2020

    Die eerste Legends Barbershop het in 2011 oopgemaak, maar na verskeie terugslae het die eienaar, Sheldon Tatchell, eers in 2014 regtig begin vordering maak met sy idee vir n unieke barbierwinkel in Suid Afrika. Jody Hendricks volg Sheldon se reis van een winkel in Eldorado Park tot vandag waar hy meer as 15 winkels dwarsoor die land het.

  • KATOT MEYER EN SY OORLOG TEEN INDRINGERBOME deur Mariska Spoormaker
    KATOT MEYER EN SY OORLOG TEEN INDRINGERBOME deur Mariska Spoormaker
    Donderdag 12 Maart 2020

    Ontmoet Katot Meyer, n gewese landbou-wateringenieur, wat al 20 jaar lank sy eie oorlog voer teen indringerbome en -plante in die Suid-Kaap. Mariska Spoormaker het hom in sy Pietersrivier-natuurreservaat gaan opsoek, en baie meer verhale as net di van dorstige indringerbome gekry.

  • DIE GESKENK VAN AANNEMING deur Jacqui January
    DIE GESKENK VAN AANNEMING deur Jacqui January
    Donderdag 5 Maart 2020

    Alhoewel die Wet op Kindersorg (Wet 38 van 2005) baie duidelik en voorskriftelik is, is daar baie vooroordele en stigmas oor paartjies van dieselfde geslag wat kinders aanneem. Drie maatskaplike werkers deel hulle kundigheid en ervarings van ouers van dieselfde geslag, wat kies om kinders onvoorwaardelik aan te neem. n Gay pa vertel van die voorreg en groot vreugde om drie kinders te kon aanneem. En n Lesbiese paartjie praat oor hulle aangenome seuntjie wat nie dieselfde ras as hulle is nie.

  • CARLOS VAN DIE ROOIBERG deur Johan Rademan
    CARLOS VAN DIE ROOIBERG deur Johan Rademan
    Donderdag 27 Februarie 2020

    Fossiele van pofadders, werktuie van die Khoi en San-inwoners van honderde jare gelede wat in die oorvloed van die omgewing gedeel het, en 'n inspirenende Afrikaanssprekende Portugees, Carlos Araujo, wag op jou wanneer Johan Rademan saam met hom die pad vat.

  • SO RY DIE TREIN deur Martelize Brink
    SO RY DIE TREIN deur Martelize Brink
    Donderdag 20 Februarie 2020

    N drie jaar en verskeie vertragings is die eerste deel van Kaapstad se treinroete na Eersterivier op 13 Februarie 1862 geopen. Martelize Brink kyk na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap - van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwreldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywers omsien, tot die toekoms van die treindiens in onseker tye. Hoor ook die verhaal van Enjin nommer 9 wat liefdevol bekend gestaan het as Blackie, en uiteindelik sy rusplek in die voorportaal van die stasie gevind het.

  • BLINDEKOL deur Haidee Muller
    BLINDEKOL deur Haidee Muller
    Donderdag 20 Februarie 2020

    Haidee Muller het op Worcester die blinde en swaksiende krieketspan, Die Worcester Victorians, ontmoet. Die span bestaan uit vyf spelers wat blind is en 13 at swaksiende is. Om krieket te speel, was n groot droom vir Gerhard Trollip, wat net tussen lig en donker kan onderskei. Hy het in 1999 mense nadergehark om krieket te demonstreer aan die blindes en swaksiendes, en so het Die Worcester Victorians ontstaan. Bradley Arendse wou nog altyd 'n blinde span afrig, en vandag doen hy dit na die beste van sy vermo.

  • KYALAMI - DIT DREUN WEER IN ONS HUIS deur Fritz Klaaste
    KYALAMI - DIT DREUN WEER IN ONS HUIS deur Fritz Klaaste
    Donderdag 6 Februarie 2020

    Kyalami is n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.

  • DIE TOEBROODJIE-MENEER deur Mariska Spoormaker
    DIE TOEBROODJIE-MENEER deur Mariska Spoormaker
    Donderdag 30 Januarie 2020

    Op Uitenhage vind n mens die sonderlinge verhaal van n toebroodjie-meneer, wat jare gelede n arm, uitsiglose outjie s genspireer het, dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels op sy leerlinge toe as sy toebroodjiemeneer, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die skool besoek het.

  • LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom
    LEIPOLDT SE POLFYNTJIE deur Ina Strydom
    Donderdag 23 Januarie 2020

    C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal gevestig, en as koskenner was sy etes en onthale legendaries. Ins Strydom kyk na enkele van hierdie aspekte, en sy nalatenskap vir vandag.

  • DIE SILWER SNAAR deur Hennie Maas
    DIE SILWER SNAAR deur Hennie Maas
    Donderdag 16 Januarie 2020

    DIE SILWER SNAAR deur Hennie Maas Jan van Rooyen is n voormalige regsakademikus wat van jongs af die klank van die viool bestudeer en daarmee gewerk het. Hy vertel hoe hy die eerste keer vir Jascha Heifetz oor n krappige radio op Lindley in die Vrystaat gehoor het, en hoe hy sy hart verloor het. Vir hom is die klank van die viool die belangrikste nie noodwendig die ouderom of afkoms van die instrument nie. Daarom het hy n studie gemaak van vioolklanke en hoe om n bepaalde klank uit n viool te kry. Jan gesels ook oor hoe belangrik die hout is waaruit n viool gemaak word liefs van hout wat in wind en weer in die Karpatiese Berge gevind word. Sy veredelde viole het n goeie vastrap plek in Amerika gekry in so n mate dat die bekende violis, Joshua Bell, daarop aangedring het dat hy een van Jan se viole wil koop, want die instrument klink na n Italiaanse viool wat 300 jaar oud is!